8th December 2016

Groot Opdrag

WAT IS MY PLIG AS CHRISTEN NOUDAT EK GERED IS EN CHRISTUS AANGENEEM HET ?09.11.2010

John Nel 0824527155jmnelarch@gmail.com

1. Om gered te word moet jy die Here aanroep :

Hand. 2:21

21Maar elkeen wat die Here om genade bid, sal gered word

Rom. 10:9

9As 'n mens openlik sÔö£┬¼ dat Jesus die Here is en in jou hart glo dat God Hom weer lewendig gemaak het nadat Hy dood was, dan sal God jou red.

2. Iemand moet die blye boodskap van Christus gaan vertel

Rom. 10:13-15

13Want in die Skrif staan daar: "Die Here sal elkeen red wat Hom bid vir redding."

14Maar hoe kan hulle die Here bid om hulle te red as hulle nie op Hom vertrou nie? En hoe kan hulle op Hom vertrou as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? Sal hulle ooit van die Here hoor as niemand hulle van Hom vertel nie? 15Kan iemand vir ander mense van die Here gaan vertel as die Here hom nie stuur nie? In die Skrif is hiervan geskrywe waar daar staan: "Mense is bly as iemand aankom om die goeie boodskap vir hulle te bring."Jes. 52:77Hoe wonderlik is dit nie as daar 'n boodskapper oor die berge aankom wat uitroep: "Daar is goeie nuus en vrede!"

Die Boodskap beskryf Rom.10:13-15 so;

Hy stort sy groot genade uit oor almal wat Hom om hulp vra. Elkeen wat uitroep: "Here, help my!" sal gered word, maak nie saak wie jy is nie.

Mens kan egter nie die Here vra om jou te help as jy nog nie eens weet wie Hy is in wie jy moet glo nie. En hoe kan jy weet wie Hy is as jy nog nooit eens van Hom gehoor het nie? En hoe kan mense van Hom hoor as daar niemand is om hulle van Hom te vertel nie? En hoe kan mense vir ander van Hom gaan vertel as hulle nie gestuurword om dit te doen nie?

Dit is waar wat die Bybel sÔö£┬¼: "Hoe wonderlik klink die voetstappe van diegene wat vir ander mense gaan vertel van al die goeie dinge wat God doen

Deel van ons wapenrusting is ;

Ef.6:14

14So moet julle julle voorberei: die lyfband wat julle moet vasgespe, is die waarheid en die harnas wat die bors beskerm, is God se verklaring dat Hy ons skuld weggeneem het. 15Die skoene wat julle moet aantrek, is die gewilligheid om ander te vertel van die vrede wat die Goeie Nuus oor Jesus Christus vir ons kan bring.16Die belangrikste van alles is die vertroue op God want dit is die skild waarmee julle al die brandende pyle kan keer wat die Satan op julle skiet. 17Die helm wat julle kop kan beskerm, is die redding, en die swaard wat die Heilige Gees julle gee, is die woord van God.

3. Die onus le by ons "Gaan en getuig" Jesus se laaste opdrag

Mat. 28:19

19Daarom moet julle na elke volk op aarde toe gaan en hulle my volgelinge maak. Doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20Leer hulle om al die dinge wat Ek julle beveel het, te gehoorsaam. En julle moet onthou dat Ek elke dag by julle sal wees tot die einde van die wÔö£┬¼reld toe."

Mark. 16:15-18

15Hy het ook vir hulle gesÔö£┬¼: "Julle moet oor die hele wÔö£┬¼reld gaan en die Goeie Nuus vertel aan al die mense wat God geskape het. 16As iemand hierdie boodskap glo en gedoop word, sal hy gered word. Maar as iemand dit nie glo nie, sal hy gestraf word

Joh20:21

21Hy sÔö£┬¼ toe weer: "Vrede vir julle. Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook uit."

Luk. 24:47

47Daar staan ook dat Hy die opdrag sal gee om van Jerusalem af tot by al die nasies hierdie boodskap bekend te maak dat die mense hulle moet bekeer en God hulle sonde sal vergewe. 48Julle het dit alles gesien en julle kan die ander mense daarvan vertel. 49Ek sal die Heilige Gees na julle toe stuur soos my Vader beloof het. Maar julle moet eers in Jerusalem bly totdat hierdie hemelse krag aan julle gegee is."

Mat. 10:16-20

16"Ek stuur julle nou soos skape wat tussen wolwe ingestuur word. Daarom moet julle so versigtig wees soos slange en so sag soos duiwe. 17Julle moet oppas, want die mense sal julle voor die hof bring en hulle sal julle in die sinagoges met swepe slaan. 18Ter wille van My sal hulle julle ook voor goewerneurs en konings aankla, maar dit sal juis vir julle die kans gee om vir hulle en vir die mense wat nie Jode is nie, van My te vertel. 19As hulle julle voor die hof bring, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle sal sÔö£┬¼ of oor hoe julle sal praat nie. Want God sal julle op daardie oomblik wys wat om te sÔö£┬¼. 20Dan sal dit nie julle wees wat praat nie maar dit sal die Gees van julle Vader in die hemel wees wat deur julle praat.

Joh17:1-25 (Jesus se gebed in Getsemane)

Jesus bid vir Homself

Nadat Jesus dit alles vir hulle gesÔö£┬¼ het, het Hy opgekyk na die hemel toe en gebid: "Vader, die tyd het nou gekom. Gee aan u Seun eer sodat u Seun U ook eer kan gee. 2U het reeds aan Hom die gesag oor alle mense gegee, en dit is Hy wat die ewige lewe gee aan elke mens wat U aan Hom toevertrou het. 3Om die ewige lewe te hÔö£┬¼, is om U te ken en om Jesus Christus vir wie U gestuur het te ken, want U alleen is die ware God. 4Op aarde het Ek aan U die eer gegee, want die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek klaargemaak. 5Vader, gee My nou daar waar U is die eer wat Ek by U gehad het nog voor die wÔö£┬¼reld gemaak is."

Hy bid vir sy dissipels

6"Uit die mense van die wÔö£┬¼reld het U hierdie manne aan My gegee. Hulle het altyd aan U behoort, maar U het hulle aan My toevertrou. Ek het hulle van U vertel, en hulle het u boodskap aanvaar. 7Hulle weet nou dat alles wat Ek het, van U af kom-dit is U wat dit vir My gegee het. 8Want Ek het u boodskap aan hulle oorgedra en hulle het dit aanvaar. Hulle is nou oortuig dat Ek van U af gekom het. Hulle glo dat dit U is wat vir My gestuur het. 9Dit is vir hulle wat Ek bid, nie vir die ongelowige mense nie. Ek bid vir die wat U My gegee het, wat ook aan U behoort. 10Want al die mense wat aan My behoort, behoort ook aan U, en almal wat aan U behoort, behoort ook aan My. Dit is deur hulle dat my eer gesien word. 11Van nou af sal Ek nie meer op die aarde wees nie want Ek gaan na U toe. Maar hulle bly in die ongelowige wÔö£┬¼reld agter. Heilige Vader, U het My die Goddelike volmag van u naam gegee. Bewaar hulle met daardie mag sodat hulle een kan wees net soos Ons een is. 12Terwyl Ek nog by hulle was, het Ek hulle bewaar met daardie volmag wat U My gegee het-die volmag van u naam. Ek het hulle opgepas sodat nie een van hulle verlore geraak het nie, behalwe die een wat verlore was van die begin af, net soos die Skrif voorspel het. 13"Maar nou is Ek op pad na U toe. Terwyl Ek nog op aarde is, sÔö£┬¼ Ek al hierdie dinge vir hulle sodat hulle vol van my blydskap kan wees. 14Ek het u boodskap aan hulle oorgedra. Die ongelowige mense haat hulle omdat hulle nie met die ongeloof iets te doen het nie net soos Ek ook niks daarmee te doen het nie. 15Ek bid nie dat U hulle tussen die ongelowige mense moet wegneem nie maar dat U hulle teen die duiwel moet beskerm. 16Hulle is nie deel van die ongelowige mensdom nie net soos Ek ook nie deel daarvan is nie. 17Werk in hulle deur u woord wat die waarheid is sodat hulle aan U alleen sal behoort. 18Ek stuur hulle in die wÔö£┬¼reld in net soos U My in die wÔö£┬¼reld ingestuur het.19Ter wille van hulle gee Ek myself geheel en al aan U sodat u woord wat die waarheid is in hulle kan werk. Dan sal hulle ook geheel en al aan U behoort."

Hy bid vir almal wat nog sal glo

20"Dit is nie net vir hulle wat Ek bid nie, maar ook vir almal wat in die toekoms hulle boodskap sal hoor en in My sal glo. 21Vader, Ek bid dat hulle almal een sal wees, aan mekaar verbind net soos U aan My verbind is en Ek aan U. Laat hulle ook aan Ons verbind wees sodat die ongelowige mense kan glo dat dit U is wat My gestuur het. 22Ek het vir hulle ook die eer gegee wat U aan My gegee het sodat hulle ook een kan wees soos Ons een is. 23Want Ek is aan hulle verbind en U is aan My verbind sodat hulle 'n volmaakte eenheid kan wees. Dan sal die ongelowige mense besef dat dit U is wat My gestuur het. Hulle sal sien dat U die mense liefhet wat aan My behoort net soos U vir My liefhet.

24"Vader, dit is U wat hulle aan My gegee het. Ek wil hÔö£┬¼ dat hulle by My moet wees sodat hulle die koninklike eer kan sien wat U vir My gegee het, want U het My liefgehad nog voor die wÔö£┬¼reld daar was.

25"Regverdige Vader, die ongelowige mense ken U nie, maar Ek ken U, en hierdie dissipels van My weet dit is U wat My gestuur het. 26Ek het vir hulle duidelik gemaak wie U is en Ek sal dit aanhou doen. Dan sal die wonderlike liefde waarmee U My liefgehad het ook in hulle wees, en Ek sal aan hulle verbind bly."

4. Jesus het belowe dat Hy weer gaan kom

Joh. 14:28

28"Onthou wat Ek vir julle gesÔö£┬¼ het: Ek gaan weg maar Ek kom weer terug na julle toe. As julle My liefhet, sal julle bly wees dat Ek na die Vader toe gaan, want die Vader is groter as Ek. 29Ek het dit nou vir julle gesÔö£┬¼ nog voordat dit gebeur het sodat julle kan glo as dit gebeur.

5. Hy wil he dat almal hulle sal bekeer

Mat. 24:14

14Die Goeie Nuus oor die nuwe manier waarop God nou regeer moet eers oor die hele wÔö£┬¼reld bekend gemaak word sodat al die volke daarvan kan hoor. Dan eers sal die einde kom.

2Pet.3:9 , 14,15

9Daar is mense wat dink dat die Here sy belofte om terug te kom op die lange baan geskuif het, maar dit is nie so nie. Wat wel gebeur, is dat Hy julle nog tyd gee, want Hy wil nie hÔö£┬¼ dat party verlore moet gaan nie. Hy wil hÔö£┬¼ almal moet tot bekering kom.

10Die dag van die Here sal sekerlik kom, maar dit sal net so onverwags wees as wat 'n inbreker in die nag kom. Die hemel sal verdwyn met 'n verskriklike gedreun terwyl die son en maan en die sterre ook sal verbrand sonder dat iets oorbly. Die aarde en alles wat daarop tot stand gebring is, sal ook verbrand.

11Julle weet nou dat al hierdie dinge tot niet sal gaan. Hoe heilig moet julle dan nie lewe en God dien nie! 12Julle moet uitsien na die groot dag van God en julle moet doen wat julle kan om dit gou te laat kom. Dan sal die hemel verbrand word en die son en maan en sterre sal ook verbrand word en wegsmelt. 13Maar ons sien uit na die nuwe hemel en die nuwe aarde wat God beloof het waarin daar geen onreg sal wees nie.

14Liewe broers, omdat julle uitsien na hierdie dinge wat moet gebeur, moet julle alles in julle vermoÔö£┬¢ doen om in vrede teenoor God te lewe en Hom te dien en rein te wees. 15Onthou, die Here is geduldig met ons omdat Hy ons wil red.

1Tim.2:4

4Hy wil hÔö£┬¼ dat almal gered moet word en dat hulle die waarheid werklik sal verstaan. 5Die belangrikste wat hulle moet verstaan, is dat daar net een God is. Daar is ook net Een wat God en mense bymekaar kan bring, en dit is Jesus Christus wat self ook 'n mens geword het. Hy kan tussen God en mense onderhandel 6want Hy het sy lewe gegee om hulle skuld by God te betaal. Hy het op die regte tyd bewys dat God mense wil red. 7En dit is om hierdie rede dat God my aangestel het om die nie-Joodse nasies die waarheid oor God te leer en vir hulle te wys hoe hulle op Christus moet vertrou. Wat ek jou hier sÔö£┬¼, is werklik so. Ek lieg nie.

6. Die res van die wereld moet weet.

Joh. 14:31

31maar Ek sal doen net wat die Vader My beveel het sodat die wÔö£┬¼reld kan weet dat Ek my Vader liefhet."

Joh.17:26

26Ek het vir hulle duidelik gemaak wie U is en Ek sal dit aanhou doen. Dan sal die wonderlike liefde waarmee U My liefgehad het ook in hulle wees, en Ek sal aan hulle verbind bly

7. Nog 'n opdrag van Hom is dat ons mekaar moet lief he

Joh. 15:9-17

9"Ek het julle net so lief as wat die Vader vir My het. Onthou altyd dat Ek julle liefhet. 10As julle doen wat Ek gesÔö£┬¼ het, sal julle onthou dat Ek julle liefhet. Ek maak self ook so. Ek doen wat my Vader gesÔö£┬¼ het en onthou altyd dat Hy my liefhet. 11Ek sÔö£┬¼ vir julle hierdie dinge sodat julle altyd my vreugde kan hÔö£┬¼-julle sal oorloop van vreugde. 12Ek gee nou vir julle hierdie bevel: julle moet mekaar net so liefhÔö£┬¼ as wat Ek julle liefhet. 16Dit is nie julle wat My uitgekies het nie. Ek het julle uitgekies en julle aangestel om te gaan vrug dra wat nie tot niet gaan nie. Dan sal die Vader vir julle gee wat julle ook al bid as julle in my naam bid. 17Ek beveel julle dat julle mekaar moet liefhÔö£┬¼."

8. As ons sy opdragte uitvoer is dit 'n bewys dat ons Hom lief het

Joh. 14:15, 21, 24

15"As julle My liefhet, sal julle doen wat Ek vir julle gesÔö£┬¼ het." 21Iemand wat my bevele aanneem en hulle gehoorsaam, is iemand wat My liefhet. As iemand My liefhet, sal my Vader hom liefhÔö£┬¼, en Ek sal hom ook liefhÔö£┬¼ en hom al duideliker wys wie Ek is." 24Maar 'n mens wat My nie liefhet nie, steur hom nie aan wat Ek gesÔö£┬¼ het nie. Wat julle by My gehoor het, kom nie van My af nie, maar van die Vader wat My gestuur het.

9. Ons moet Groei en geestelik volwasse kinders van Hom word

2Pet.1:5-8

5Van julle kant af moet julle nie net glo nie maar julle moet ook daarop konsentreer en alles in julle vermoÔö£┬¢ doen om te lewe soos God dit wil hÔö£┬¼ en om Hom al beter te leer ken. 6By hierdie kennis moet julle ook selfdissipline en verdraagsaamheid hÔö£┬¼. 7Daarby moet julle gewillig wees om God te dien en ander Christene lief te hÔö£┬¼. Maar behalwe die liefde vir ander Christene moet julle ook 'n opregte liefde vir alle mense hÔö£┬¼. 8As hierdie dinge in julle lewe is en julle lewe al meer in beslag neem, sal dit nie verniet of nutteloos wees dat julle die Here Jesus Christus ken nie.

Rom.5:3-4

3Maar dit is nie al waaroor ons bly is nie. Ons is ook bly as daar moeilikheid kom, want ons weet dat moeilikheid 'n mens leer om geduldig te wees. 4As ons geduldig is wanneer ons ly, gee dit ons standvastigheid van karakter, en as ons standvastig bly, het ons 'n vooruitsig wat baie seker is. 5As ons hierdie vaste vooruitsig het, word ons nooit teleurgestel nie, want God het vir ons sy Heilige Gees gegee en die Gees maak ons harte vol van die wonderlike liefde wat God vir ons het.

Rom.8:30

29God het vooraf mense uitgesoek en besluit dat hulle soos sy Seun Jesus Christus moet word sodat daar baie kinders van God kon wees. Maar Jesus Christus moet die belangrikste van almal wees. 30Al die mense oor wie God hierdie besluit geneem het, het Hy ook geroep. Vir die wat Hy geroep het, het Hy ook in die regte verhouding met Homself gebring, en omdat hulle in die regte verhouding met Hom gekom het, het Hy hulle ook van sy Goddelike eer gegee

10. As Christen het 'n baie groot verantwoordelikheid

Al is ons gered

Al het ons Hom lief

Al besef ons dat Hy ons stuur

Al groei ons geestelik tot Sy volwasse kinders

Al kry ons krag van die Heilige Gees

Al weet en glo ons dat Hy weer gaan kom

Al weet ons dat Hy nie wil he dat iemand verlore moet gaan nie

Bly ons steeds verantwoordelik vir die redding van mense om ons, as ons stil bly en nie praat as ons bewus is dat hulle saak nie met God reg is nie gaan God ons aanspreeklik hou vir ons stilswye

Eseg 3:18-21

Elke keer as Ek jou 'n waarskuwing laat hoor, moet jy my boodskap aan hulle oordra. 18As Ek vir 'n kwaaddoener sÔö£┬¼: 'Ek gaan jou beslis laat sterwe om jou te straf,' en as jy hom nie waarsku dat hy sy verkeerde gedrag moet laat staan om sy lewe te red nie, sal hy wel sterf as gevolg van sy sonde, maar Ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood. 19As jy die kwaaddoener waarsku en hy tog nie sy sonde en sy verkeerde gedrag wil laat staan nie, sal hy sterf as gevolg van sy sonde, maar dan is jy onskuldig aan sy dood. 20Of as iemand wat reg gelewe het 'n verkeerde koers inslaan en begin sonde doen en jy hom nie waarsku nie, sal Ek 'n einde aan sy lewe maak en hy sal sterf as gevolg van sy sonde. In so 'n geval sal die goeie dinge wat hy wel gedoen het, nie in sy guns kan tel nie, maar Ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood.

21As jy iemand wat reg lewe, sou waarsku oor moontlike sonde en hy dit dan nie doen nie, sal hy sy lewe behou omdat hy hom laat waarsku het, en jy sal jou eie lewe ook red.

Eseg 33:1-9

n Wag se verantwoordelikheid

Die Here het vir my hierdie boodskap gegee: 2"Jy moet met jou volksgenote praat en vir hulle sÔö£┬¼: 'As Ek 'n sekere volk se vyande stuur om oorlog teen hulle te gaan maak, sal daardie volk een van hulle eie mense aanstel om wag te hou. 3Die oomblik as die wag die vyand se leÔö£┬¢r sien aankom, sal hy die trompet blaas om sy mense te waarsku. 4As iemand die trompet hoor, maar hom nie daaraan steur nie en die vyand hom dan doodmaak, sal hy self die skuld vir sy dood moet dra. 5Hy sal verantwoordelik wees vir sy eie dood omdat hy wel die trompet gehoor het, maar hom nie daaraan gesteur het nie. As hy die waarskuwing ernstig opgeneem het, kon hy sy lewe gered het. 6Maar dit mag ook gebeur dat die wag die vyand sien aankom en nie die trompet blaas om die mense te waarsku nie, en een van hulle dan deur die vyand doodgemaak word. In so 'n geval het die man gesterf as gevolg van sy eie sonde, maar Ek sal tog die wag verantwoordelik hou vir sy dood.

7"EsegiÔö£┬¢l jy is die wag wat Ek vir die Israelitiese volk aangestel het. As Ek jou dan 'n boodskap gee, moet jy dit aan hulle oordra omdat dit 'n waarskuwing is wat van My af kom. 8As Ek vir 'n slegte mens sou sÔö£┬¼ dat hy beslis gaan sterf en jy waarsku hom nie om sy verkeerde gedrag te laat staan nie, sal daardie slegte mens sterf as gevolg van sy sonde, maar ek sal jou verantwoordelik hou vir sy dood. 9Aan die ander kant, as jy daardie slegte mens sou waarsku dat hy sy verkeerde gedrag moet laat staan en hy dit nie doen nie, sal hy sterf as gevolg van sy sonde, maar dan het jy jou eie lewe gered."

11. Om net 'n goeie mens te wees is nie genoeg nie

Eseg 33:1-12

12"Jy moet vir jou volk sÔö£┬¼: 'As iemand wat reg lewe iets verkeerd doen, sal al die goeie dinge wat hy gedoen het nie sy lewe kan red nie. Aan die ander kant, as iemand wat 'n slegte lewe gelei het, sy verkeerde gedrag laat staan, sal hy nie sterf deur die slegte dinge wat hy gedoen het nie

12. Julle sal My getuies wees(Hand 1:3-8) Iemand wat die Nuwe Testament vir die eerste keer lees sal beslis weet wat Jesus bedoel het toe Hy aan Sy volgelinge gese het "Julle sal My getuies wees".Hy het bedoel dat as jy 'n volgeling van Hom wil wees, jou persoonlike getuienis 'n lewens wyse moet wees. Iets baie anders het intussen gebeur. Navorsing het getoon dat net 5 % van Christene gereeld wel getuig. Jesus het nie gese dat ons Sy kerk moet gaan bou nie. Hy het gese "Ek sal My kerk bou" (Matt. 16:18).Al die Evangelies eindig met die opdrag dat ons moet gaan getuig(Matt. 28:18-20; Mark16:15; Luk. 24:47-48; Joh. 20:21).Ons sal Jesus se oorspronklike bedoeling verstaan as ons die findamentele begrip van om vir "Hom te getuig" begryp.

13. Verstaan die begrip "Getuig"Daar is net een werklike waarheid waaroor ons as Christene in hierdie wereld kan getuig om ons opdrag te regverdig deur bewyse te gee oor die feitlike,liggaamlike opstanding van Jesus Christus uit die dood. Buiten dit het niemand nog die reg gehad om vir Paulus,vir jou of vir my te vra om ons lewens af te le vir Jesus die bedrieer wat nie werklik uit die dood opgestaan het nie.Die opstanding word onteensglike bewys en gestaaf (v.3) Waarom sal enige iemand glo dat Jesus Christus lewe? Aleenlik deur "onbetwisbare bewyse".

Die opgestane Christus het bo alle twyfel bewys dat Hy uit die dood opgestaan het. Hy het nie minder as elf keer beide indie dag en nag, binne en buite, in Jerusalem en Galilea, aan induvidue en aan skares Sy verskyning gemaak het. Die dissipels het Hom aangeraak en saam met Hom geeet (1 Joh. 1:1-4).

14. Sy verskynings het oor 'n tydperk gebeur.Hy het oor 'n tydperk van veertig dae verskeie male aan sy dissipels verskyn. Dit het hulle die geleentheid gegee om alles te oordink, te redineer en selfs vir hulle tyd gegee om aan ander bewyse te dink wat die werklikheid van die opstanding sal kan bevraagteken. Was dit 'n eenmalige verskyning kon daar dalk twyfel gewees het maar oor 'n tydperk van veertig dae moet dit bo alle twyfel waar wees .

15. Toe-eiening van die Krag om te GetuigTerwyl die dissipels saam in 'n kamer 'n maaltyd met die opgestane Jesus gedeel het, het hy hulle gemaan om nie Jerusalem te verlaat nie, maar dat hulle moes wag op die Heilige Gees soos wat die Vader belowe het. Daar moes hulle oor die feite, gegrond op die waarheid getuieg . Hulle moes wag vir Pinkster dag. Vandag hoef ons nie meer te wag nie. Die krag van die Heilige Gees wat destyds gekom het is nou nog beskikbaar.

16. Die Krag om te Getuig is belowe.Die profeet het dit belowe. Joel 2:28-29het voorspel dat God se Gees gaan kom vir almal, ongeag van ouderdom, geslag of aansien . Dit gaan 'n wereldwye revolusie veroorsaak ten opsigte van hoe God met ons Sy kinders gemeenskap gaan he . Jesus se voorloper het dit aangekondig (Mark ,1:8) Johannes die Doper het die fisiese doop vergelyk met die Geestelike doop waardeur ons krag sal ontvang. Jesus het dit belowe in (Joh. 14:16). Die krag om te getuig het gekom as 'n direkte resultaat van God se belofte

Hand.1:18

8Maar as die Heilige Gees na julle toe gekom het, sal God julle die krag gee om mense van My te vertel in Jerusalem en in die hele gebied van Judea en Samaria en tot in die verste lande van die wÔö£┬¼reld."

Joh.15:26,27

26"Maar Ek stuur vir julle die Helper, die Heilige Gees, wat mense in die waarheid inlei. Hy kom van die Vader af en sal julle van My vertel. 27En julle sal ook vir mense van My vertel, want julle was van die begin af by My."

Hand. 2:17&18

17'God praat oor wat Hy in die laaste dae gaan doen.' Hy sÔö£┬¼: 'Ek sal my Gees ten volle gee aan elkeen. 18In hierdie dae sal Ek my Gees ten volle gee aan elke man en vrou wat vir My werk,en hulle salmy boodskap aan mense oorbring.

Jes. 40:29,31

29Hy kan 'n mens wat moeg is, krag gee en iemand wat swak is, weer sterk maak. 30Selfs jongmense word moeg en gedaan en kan inmekaarsak van uitputting, 31maar diÔö£┬« wat hulle verwagting op die Here stel kry nuwe krag.Hulle sal opstyg soos 'n arend wat sy vlerke oopsprei, hulle sal aanhou loop sonder om moeg te word.

Ef. 1:18-20

18Ek bid ook dat die Gees sy lig so duidelik in julle harte sal laat skyn, dat julle sal verstaan watter vooruitsig daar vir julle is noudat God julle geroep het. Julle moet ook weet hoe ryk en wonderlik die erfenis is wat Hy onder sy kinders sal uitdeel. 19Ek bid ook dat julle sal ondervind hoe sy krag waarmee Hy in ons werk, sterker as enigiets anders is. 20Dit is dieselfde krag waarmee God in Christus gewerk het toe Hy Hom uit die dood lewendig gemaak het en Hom in die hemel die ereplek aan sy regterkant gegee het.

Ef. 3:20

20God werk in ons met sy krag en Hy kan vir ons oneindig meer doen as wat ons ooit kan bid, en meer as wat ons ooit kan dink.

Kol. 2:29

28So vertel ek mense dan van Christus. Ek waarsku almal en leer hulle met al die bekwaamheid wat aan my gegee is, want ek wil elkeen voor God bring met die volmaaktheid wat Christus ons gee. 29Dit is waarvoor ek ook werk en waarop ek konsentreer want Christus werk in my met sy groot krag.

2Pet.1:3

3Ons ken nou die Here wat ons geroep het om ook deel te hÔö£┬¼ aan sy eer en goedheid. Omdat ons Hom so ken, het sy Goddelike krag ons alles gegee wat ons nodig het om te lewe en God te dien

2Tim. 1:7

7Want die Heilige Gees wat God ons gegee het, maak 'n mens nie lafhartig nie, maar Hy gee jou krag en liefde en selfdissipline.

17.Die Krag om te Getuig is doelgerig:Julle sal krag ontvang;..Julle sal My getuies wees"(Hand.1:8). Die tragedie in ons kerke vandag is die koppelling van die Heilige Gees aan allerande vreemde optrede en bizarre gedrag. Genesing, spreek in tale, omgeslaan deur die Gees en nog ander vreemde aktiviteite wat aan die Heilige Gees toegeskryf word wat die hoof rede van die Heilige Gees oorskadu . Die Gees gee krag aan die gene wat getuig oor die feite betreffende Jesus Christus

18. Vermy enige verskoning om te GetuigTe dikwels soek ons verskonings sodat ons nie hoef te getuig nie want ons spekuleer oor die sekondere lewe om ons . Die dissipels wou van Jesus weet of Hy gekom het om die koninkryk van Israel te herstel.(Hand.1: 6). Die koms van die Messias het vir hulle beteken dat Israel se politieke vyande oorwin gaan word, dat Hy letterlik 'n wereld wye heerskappy in Jerusalem gaan vestiging. Die dissipels het verskeie male vir Jesus uitgevra oor hierdie "koningkryk". (Mark 10:35ff.).

Jesus het altyd spekulasie teen gestaan en 'n beroep gedoen totdiens(Luk. 13:23; Joh.21:21&22).Ons het pleks van gehoorsaamaan Jesus te wees die diens wat hy in gedagte gahad het vervang metleerstellings, kerksake, funksies, rade, verenigings en organisasies, en ons besig gehou hou met verganklike dinge. "We are so heavenly minded but of no earthly good" of "Ons is so besig met die dinge van die Here dat ons nie by die Here van die dinge uitkom nie" Hy het altyd Sy dissipels se gedagtes verskuif van spekuleer na proklameer.

19. Aanvaar die roeping as Getuie Aanvaar getiug as 'n werklikheid vir elke Christen. Jesus doen meer as net 'n beroep op ons as Hy se (Hand.1:8)"Julle sal krag ontvang;en julle sal My getuies wees" Hy beskryf hoe dit gaan wees as die Gees oor ons gaan kom en dit is 'n feit. Sy kinders wil getuies wees. Jy is nie net werksaam vir Hom nie maar jou hele wese moet smag om getuie vir Hom te wees.

20. Aanvaar die persoonlikheid as Getuie Getuig vir My.” Die Christen se getuie is nie in die eerste plek 'n oor vertelling van 'n persoonlike ondervinding met Christus wat jy gehad het nie. Jou persoonlike getuienis mag wel deel uitmaak van dit wat jy oordra oor die magtige waarhede van God in Jesus Christus. Ons moet die waarheid feitlik weergee van, Sy dood, Sy begrafnis en Sy opstanding en God se genade wat ons verkry deur daardie versoenigs dood. Ons deelname as getuie mag dalk wees, 'n kort woord van waarheid, 'npersoonlike getuienis of 'n volledige weergawe van die volle Evangelie.

1Peter 3:15"Honor Christ and let him be the Lord of your life. Always be ready to give an answer when someone asks you about your hope."

21. Aanvaar die plek waar jy moet Getuig Jy moet begin daar waar jy is. Dit is maklik om oor plekke te droom waar jy nie is nie om daar te wil getuig en so doende die plek te vermy waar jy tans is. Die dissipels het in Jerusalem begin.Jou getuienis is nodig op 'n plek nader as wat jy dink. Jou Jerusalem is die mense om jou. Gaan huis toe en vertel dit.

Die metafoor wat ek wil gebruik is van 'n tafel wat bedek is met 'n tafeldoek, op hierdie tafel plaas ek 'n koppie in 'n piering. Ek neem 'n beker met water en begin die koppie vol maak totdat die water oorloop in die piering. Ek hou aan skink totdat die piering ook oorloop , steeds hou ek aan skink totdat die hele tafeldoek deurweek is, nog hou ek aan skink totdat die water op die vloer begin drup en die hele vloer nat maak.Die koppie is jy, die water is die blye boodskap van Jesus, Jy moet so vol word van Jesus dat die die piering– dit is die mense om jou en by jou,dit sal sien en hoor sodat hulle op die beurt ook sal oorloop daarvan en ook nie anders sal kan as om dit verder op ander plekke, dit is die tafeldoek vir andergaan vertel nie, wat op hulle beurt weer verder moet gaan om die res van die wereld dit is die die vloer ook te gaan vertel wat hulle gehoor het . En om te dink dit het by jou in jou eie omgewing begin het.

Die dissipels was eers volgelinge van Jesus, terwyl Hy hulle geleer het.Toe word hulle gestuur as Apostels om die blye boodskap te bring.As gevolg van hulle gehoorsaamheid is ons gered deur die blye boodskap wat by ons uitgekom het daarom moet ons die opdrag verder uitvoer om Sy koms te verhaas, deur dissipels te maak om weer vir ander te gaan vertel.

2Tim. 2:1 (Timoteus was 'n dissipel van Paulus, en hy het aan hom geskryf )My seun, jy moet jou krag soek in die genade wat God ons gee omdat ons aan Jesus Christus verbind is. 2Jy en baie ander het gehoor wat ek vir die mense geleer het. Jy moet hierdie dinge oordra aan betroubare manne wat dit weer vir ander sal kan leer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

All posts, Teaching

Tags

,