12th December 2016

Johannes Die Doper

 

 

Haai Cecil , Gaan dit goed ,ek hoop so ?

Ek sal eers die tweede gedeelte van jou vraag beantwoord nl. word daar wel na Johannes die Doper in Mat.17 verwys ?. Die antwoord is Ja.

Aangesien daar ‘n verwarring aangaande die Johannesse bestaan wil ek kortliks eers ‘n agtergrond skets van Johannes die Doper weergee.

 

Daar word soms na hom ook verwys as die profeet van geregtigheid

 

Ouers:

Sagaria (priester) en Elisabet

 

Jeugjare en vorming:

Judeawoestyn, waar hy sy profetiese roeping ontvang (Luk.1:80 ; 3:2 & Matt.3:1-6)

 

Roeping en boodskap:

Word ingeroep as getuie om oor Jesus die Waarheid te getuig en verkondig as predeker, bekering en breek met die oue (Luk.1:17) en om mense voor te berei vir die nuwe: die Een wat moes kom, hy het dan die bekeerlinge in die Jordaan rivier gedoop (Mat.3:1-6, & Joh1:19-28).Hy kondig Jesus aan as die Lam van God wat die sonde van die wereld weg neem (Joh.1:29,36)

 

Hy het nooit aan wyn of alkahol geraak nie en was met die Heilige Gees vervul voor sy geboorte al (Luk.1:15)

 

Toe sy ma Elisabet (sy was ‘n niggie van Maria- Jesus se ma) ses maande swanger was het Maria wat ook swanger was by Elisabet se huis opgedaag, onmiddelik het Johannes in Elisabet se maag geskop en toe was sy met die Heilige Gees vervul. Elisabet en haar kindjie het saam getuig van Maria se bonatuurlike swangerskap deur die Heilige Gees en sy het toe vir maria en Jesus geseen.

 

Verder lees ons van Johannes die Doper dat:

Hy het teesinnig ingestem het om Jesus te doop, want hy het homself as onwaardig beskou aangesien hy Hom so pas as die “Lam van God ” uitgewys het.

(Mat.3:13-17 en Joh. 1:29)

 

Hy het openlik die skynheiligheid van die fariseers veroordeel en vir koning Herodus Antipas die Romeinse regeerder in Palistina van imoraliteit en owerspel beskuldig het

(Mat3:7-8 & Mat. 14:4) en was as gevolg daarvan in die tronk gesit.

 

Hy het vanuit die tronk aan twee van sy volgelinge opdrag gegee om na Jesus te gaan om van Homself te verneem of Hy werklik die Messias was of moet iemand anders dalk verwag word ( Luk. 7:18) .Die Jode van Jesus se tyd het ‘n Messias verwag wat hulle in wese polities sou verlos uit die mag van die regering van die dag en wat dan as Koning sal kom heers , omdat Jesus nie voorgekom het as so ‘n verlosser nie , het die vraag ook by Johannes die Doper op gekom en het hy ook daar mee geworstel .

Jesus het hulle verseker dat Hy die verwagte Messias is en dat Hy waar niemand dit nog voor Hom kon reg kry om die beloftes van die profesie te vervul nie dit gaan doen ..Jesus verwys ook na Johannes die doper as ‘n groot profeet en prys hom hoog aan as die grootste wat uit ‘n mens gebore is(Mat 11:11-15).

 

Johannes die Doper sterf in die tronk waar hy deur Herodus onthoof is, op versoek van sy vrou Herodias , nadat haar dogter Salome (die koning se stiefdogter) op ‘n wilde verjaardag party vir die Koning en sy gaste vermaak het, deur vir hulle te dans(Mark.6).

Die koning was so beindruk met haar vertoning dat hy beloof het om haar enige iets wat haar hart begeer het sou gee, selfs die helfte van sy koninkryk.(Toe sy haar ma vra wat sy moes doen, het haar ma voorgestel dat sy die hoof van Johannes die Doper op ‘n skinkbord moet vra). Herodias was vasberade om haar man die koning so ver te kry om Johannes dood te maak en het haar kans afgewag .(Mark1:14 & Mat. 14:1-12)

 

Herodias kleindogter van Herodus die Grootte en suster van Herodus Agrippa I, het getrou met haar oom Herodus Filipus I en later weer met sy broer ook ‘n oom van haar nl. Herodus Antipas en dit was hieroor dat Johannes hom daarop gewys het dat dit volgens die Wet van God verkeerd is om met sy broer se vrou te trou en was daaroor in die tronk gesit .

 

Salome alhoewel sy nieby die’ naam in Lukasgenoem word nieleer ons uit die sekulere geskiedenis dat sy met Herodus Filipus II (Seun van Herodus die Grootte) getrou het , hy was haar oom van haar pa se kant

 

.Jou tweede vraag ?

Daar word beslis verwys na Elia en Johannes die Doper jy is heeltemal reg.

 

Johannes die Doper het groot geword om die die Ou Testamentiese beloftes omtrent die wederkoms van ‘n profeet soos Elia van ouds te vervul (Jes. 40:1-11 & Mal 3:1-5) Hy was nie ‘n reinkernasie van Elia nie , soos hy dit self later bevestig in Joh. 1:21 maar hy moes ‘n sendig net soos Elia ‘sn uitvoer (Mat.17:12 & Mark. 9:12)

Jesus bevestig dit in Mat.11:14 dat Johannes se sending soos Elia ‘sn die verwagting vervul.(Luk.1:17)

 

Op grond van Mal.4:5 het die joodse Skrifgeleerdes geglo dat die profeet Elia aarde toe sou kom voor die Messias voor die verwagte eindtyd, party het selfs gedink dat Jesus dalk Elia of een van die ander profete kon wees, wat uit die dood opgestaan het.(Luk.9:8) . Die dissipels het verstaan wat Jesus bedoel het na aanleiding van Sy aanmerking oor Elia en dat Johannes die doper se sending vergelyk kan word met die van Elia wat die belofte in Mal.4:5 gestand doen (Joh.1:13)

 

 

 

 

Het jy geweet

 

  • Die eerste twee dissipels van Jesus was eers volgelinge van Johannes die Doper , hulle was die broers Andreas en Simon Petrus (Petrus beteken ook Sefas of Rots)(Joh.1:35-40 & Matt.4:18-19)
  • Dat Lukas en Markus wat die ander twee evangelies geskryf het, nie dissipels van Jesus was nie
  • Die dissipels van Jesus was ; 1.Simon wat later Petrus genoem was, 2. Andreassy broer, 3. Jakobus seun van Sebeddeus,hy het nie die boek Jakobus geskryf nie, 4. Johannes, Jakobus hier bo se broer , 5. Filippus, 6. Bartolomeus, wat ook Natanial genoem was , 7. Matteus wat ook Levi genoem was, 8. Tomas ,9. Jakobus seun van Alfeus, hy het ook nie die boek Jakobus geskryf nie, 10. Simon die fanatikus, 11. Judas seun van Jakobus en 12. Judas Iskariot, (Matt.10:1-4)
  •  

    Cecil dit is nou al in die vroe oggend ure en ek moet nou gaan slaap want my oe val letterlik toe maar ek geniet hierdie naslaan werk terdee , ek sal die ander Johannes No 4 hier bo later vir jou gee , Hy was die dissipel wat Jesus lief gehad het en hy het die evangelie van Johannes, die 3 Johannes briewe asook Die Openbaring geskryf.

     

    Groete ,

     

    Jou broer John xxxxxxxxxxxxx

     

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Category

    All posts, Subject studies

    Tags