Koninkryk Van God
Koninkryk van God
Wat beteken die uitdrukking ‘Die Koninkryk van die Hemel’?
Hierdie uitdrukking beteken letterlik die ‘hemelse koninkryk’ en in die Bybel gebruik slegs Matteus dit. Jesus verwys na ‘n tyd wanneer die heerskappy van die hemel oor die aarde tot stand sal kom (Matt. 6:10) Die uitdrukking kom uit(Dan. 2:37), wat verwys na die ‘God van die hemel’ wat in sy teokratiese koninkryk sal regeer.(‘n Koninkryk deur God ingestel)
Is daar ‘n verskil tussen die ‘Koninkryk van God en die ‘Koninkryk van die Hemel?
Die koninkryk van God is universeel en verwys na God se heerskappy oor alle mense, asook engele, die kerk en die mense in die Ou en Nuwe Testament, terwyl die koninkryk van die hemel ‘n messiaanse term is wat verwys na die toekomstige koninkryk. Die koninkryk van God kan net binne gegaan word deur opnuut gebore te word (Joh. 3:3, 5-7), terwyl die koninkryk van die hemel binnegegaan word deur die komende heerskappy van Jesus Christus op aarde. Die koninkryk van die hemel is dus hoofsaaklik ‘n aardse heerskappy, terwyl die koninkryk van God die aarde en die hemel insluit. Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie (Luk.17:20-21),maar is ‘n innerlike, geestelike heerskappy, nie met geografiese grense nie. Dit bestaan uit die werk van God se Gees in die lewens en verhoudings van mense. Ons moet vandag nog daar teen waak om die ontwikkeling van God se koninkryk te wil meet aan die sukses wat sekere instellings of sosiale programme behaal, maar eerder kyk na die werk wat Hy in die harte van mense doen.(Rom.14:17), terwyl die koninkryk van die hemel ‘n uiterlike heerskappy is waardeur Jesus Christus ‘alles aan Hom onderwerp’(1Kor.15:24-28).
Hoe kon Jesus se dat die koninkryk van die hemel ‘naby gekom het’ as dit nie die geval was nie?.
Toe Jesus gese het dat die koninkryk ‘naby gekom het’, het Hy bevestig dat dit dadelik kon kom as die mende hulle sou bekeer en dit ontvang. Die Joodse leiers het egter Jesus se boodskap verwerp en die voorspelde koninkryk het nie tydens Jesus se leeftyd gekom nie. Die koninkryk sal eers kom na die Verdrukking, wanneer die Davidiese koninkryk met Jesus se terugkeer na die aarde tot stand sal kom.
Wat is die sleutels van die Koninkryk ? (Mat.16:19)
‘Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly’ (Mat.16:19). Daar is soveel verwarring oor ‘Petrus se sleutels’ . Sommige mense verstaan verkeerdelik dat die vers beteken dat Christus vir Petrus ‘n eksklusiewe reg gegee he tom die hemel vir individue oop te maak . Toe die Here die ‘sleutels van die koninkryk’ aan Petrus en die ander apostels belowe het, het dit beteken dat hulle deur die verkondiging van die evangelie die koninkryk van die hemel vir alle gelowiges kon oopmaak en dit vir ongelowiges kon toesluit. Petrus het die ‘sleuteles’ gebruik met pinkster (Hand.2:14),by Samaria (Hand.8:14) en ook by die huis van Kornelius, die nie-Jood(Hand.10)
Volgens die oorspronklike Griekse sinskonstruksie kan die uitdrukking ‘sal in die hemel toegesluit bly’ en ‘sal in die hemel oopgesluit bly’ ook vertaal word as ‘sou reeds toegesluit gewees het’ en ‘sou reeds oopgesluit gewees het’ . Met ander woorde, Petrus se uitspraak van ‘toegesluit’ en ‘oopgesluit’ hang af van wat die mense met die evangelie doen en nie van wat die aarde die hemel aanse om te doen nie.
Waarom was die dissipels nog begaan oor die Joodse Koninkryk net voor Jesus in die Hemel opgeneem is.
Jesus het vir veertig dae na die opstanding met Sy dissipels oor die ‘dinge van die koninkryk van God’ gepraat (Hand.1:3) Dit is dus natuurlik dat hulle voor Sy hemelvaart sou vra : ‘Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk van Isreal weer gaan oprig?’(Hand.1:6)Jesus het gese dat dit nie vir hulle is om die ‘tyd’ te weet wanneer dit gaan gebeur nie(Hand.1:7). Jesus het hulle die belofte van die Groot Opdrag gegee in die plek van die herstelde koninkryk : ‘Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom , en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judia en in Samaria en tot in die uithoeke van die wereld’ (Hand1:8)