9th December 2016

Hemelse Krone

"Wat is die hemelsekrone wat gelowiges in die Hemel gaan ontvang."

Daar word vyf hemelse krone in die Nuwe Testament genoem wat aan gelowiges

toegeken gaan word.

1. Die Onverganklike kroon.

2. Die kroon van blydskap.

3. Die kroon van geregtigheid.

4. Die kroon van heerlikheid.

5. Die kroon van die lewe.

Die Grieks vir "kroon" is stephanos(kry sy oorsprong van die naam Stephanus wat gemartel was) en beteken "'n koninklike" (Rotalty) , Die kroon is ook 'n simbool van oorwinning .

(Ps. 21:2-4 )Here, dit is oor die openbaring van u mag dat die koning so bly is, dit is oor die oorwinning wat U hom gegee het, dat hy so jubel en juig. Die wens van sy hart het U vervul. Wat hy gevra het, het U hom nie geweier nie. SelaU skenk hom voorspoed en geluk, U plaas ‘n goue kroon op sy kop.

Daar word van 'n oorwinnaarskroon gepraat .

(2Tim 4:8)

Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.

Die kroon is ook die simbool van oorwinning tydens 'n wedloop of openbare pele.

(1Kor.9 :24)Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsÔö£┬¼ hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry.

Die oorwinningssimbool van eer was ook toegeken aan die wenner tydens die antieke Griekse spele in die vorm van 'n sier of lourier krans wat op die atleet se kop geplaas was as erkenning vir die prestasie.

Hierdie teken word figuurlik in die N. Testament gebruik as 'n Hemelse toekenning wat God belowe aan almal wat getrou gebly het.

Paulus se in 1Kor. 9:24-25 en beskryf hier een van die krone.

1)Die Onverganklike Kroon. 1Kor.9 :24-25

1983 vertaling Weet julle nie dat atlete wat aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan sÔö£Ôöé dat julle die prys kan wen. Almal wat aan ‘n wedstryd deelneem, ontsÔö£┬¼ hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons om ‘n onverganklike kroon .

NLT Bybel vertalingDo you not know that in a race all the runners run, but only one gets the prize? Run in such a way as to get the prize. Everyone who competes in the games goes into strict training. They do it to get a crown that will not last; but we do it to get a crown that will last forever.

1954 vertaling Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie ? Hardloop so dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles – hulle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike.

Alles op aarde is verganklik. Jesus maan ons in

Mat 6:19

"Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Paulus het dieselfde gese van die lourier krans wat verdroog . Maar die hemelse kroon is ewig ; getroue volharding oorwin die hemelse erfenis wat onverganklik, vlekkeloos en onbesmet is wat nie verwelk nie,en in die Hemel bewaar word .

1Pet. 1 :3-51983 vertaling Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons ‘n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.

1954 vertaling Geseend is die God en Vader van ons Here Jesus Christus wat na Sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,sodat ons 'n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die Hemel bewaar is vir ons wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.

NLT Bybel vertalingPraise be to the God and Father of our Lord Jesus Christ! In his great mercy he has given us new birth into a living hope through the resurrection of Jesus Christ from the dead, and into an inheritance that can never perish, spoil or fade-kept in heaven for you, who through faith are shielded by God's power until the coming of the salvation that is ready to be revealed in the last time.

2)Die Kroon van Blydskap ÔÇô (1Tes.2:19)

1983 vertaling Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap, die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn?

NLT Bybel vertalingFor what is our hope, our joy, or the crown in which we will glory in the presence of our Lord Jesus when he comes? Is it not you?

1954 vertaling Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus by Sy wederkoms?

Paulus se verder in (Fil.4:4)"Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!". vir al die oorvloedige seeninge wat ons van ons Hemelse vader ontvang het.

As Christene het ons in hierdie lewe meer om oor dankbaar te wees as enige iemand. Lukas se vir ons (Luk.15:7)dat daar reeds nou alin die Hemel blydskap is.

"Ek sÔö£┬¼ vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie." Die kroon van blydskap gaan ons beloning wees .

(Open. 21:4)Hy sal al die trane van hulle oÔö£┬¢ afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeÔö£┬¢r het verbygegaan."

3Die Kroon van Geregtigheid

(2Tim 4:8)

1983 vertalingDaar word in hierdie vertaling van 'n oorwinnaarskroon gepraat

Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God. Op die dag dat Hy weer kom, sal die Here, die regverdige Regter, dit vir my gee, en nie net vir my nie, maar ook vir almal wat met verlange uitsien na sy koms.

1954 vertalingVerder is vir my weggele die kroon van die Geregtigheid wat die Here die regverdige Regter, my in die dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat Sy verskyning liefgehad het.

NLT Bybel vertalingNow there is in store for me the crown of righteousness, which the Lord, the righteous Judge, will award to me on that day-and not only to me, but also to all who have longed for his appearing. Lees ook Matt. 19:27, 2 Kor. 5:10 . Die Christen verdien die reg om hierdie kroon te ontvang deur die geregtigheid van Jesus Christus waar sonder dit nie verkry kan word nie.

(Fil. 3:20)Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Die wat met Volharding en met verwagting,wag op Sy koms en en dan ook nogsoms vervolging, selfs die dood moet verduur weet dat ons beloning ewig saam met Christus gaan wees.

(Open.12:11)Hulle het self die oorwinning oor hom(satan) behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.

4 Die Kroon van Heerlikheid

(1Pet. 5:4)1983 vertalingEn dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.

1954 vertaling En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang

NLT Bybel vertalingAnd when the Chief Shepherd appears, you will receive the crown of glory that will never fade away.

Die woord "Heerlikheid" verwys na God se natuur as ook Sy doen en late. Dit behels Sy Grootheid Sy Majesteit asOpperwese. Terwyl hulle Stefanus gestenig het, hethy na die hemel gekyk en God se Heerlikheid gesien .

(Hand.7:55-56)Maar Stefanus, vol van die Heilige Gees, het opgekyk na die hemel en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat aan die regterhand van God staan."Kyk," het hy gesÔö£┬¼, "ek sien die hemel geopen en die Seun van die mens wat aan die regterhand van God staan."

Hierdie woord beteken ook , dat die lof en eer wat ons aan Gog gee Hom alleen toekom omdat Hy is wie Hy is.

(Jes. 42:8)Ek is die Here, dit is my Naam, die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie, die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie.

(Jes. 48:11)Ter wille van Myself en daarom alleen, doen Ek dit, Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie. Ek gee die eer wat My toekom, aan niemand anders nie.

(Gal.1:5)Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen. Dit beteken ook dat gelowiges werklik bevoorreg en geseend is om te dink dat hulle God se koninkryken Heerlikheid mag binne gaan .

Paulus stel dit so mooi in (Rom.8:18)Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.

5 Die Kroon van die Lewe

Hierdie kroon is vir alle gelowiges, maar is in besonder baie kosbaar vir die wat swaarkry verduur, wat dapper en getrou vervolging die hoof gebied het. self tot die dood toe. Ons weet dat ons lewe op aarde tot 'n einde gaan kom. Maar ons het die wonderlike belofte wat se, net die' wat deur Jesus Christus na God toe kom die ewie lewe sal kry.

(1Joh.5:11-13)En die getuienis behels dÔö£┬ít: God het ons die ewige lewe gegee, en diÔö£┬« lewe is deur sy Seun.Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.

Dan ook(1Joh.2:25)En dÔö£┬ít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe.

In die skrif word die woord "Lewe" soms gebruik om die regte verhouding tussen ons en God te beskryf of uit te beeld. Jesus Christus het gese in

(Joh.10:10) Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hÔö£┬¼, en dit in oorvloed."

(Open. 2:10)Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry (Beteken moontlik vir 'n kort tydperk

Dan.1:10&14)Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.

God voorsien Suurstof,voedsel en water wat vir ons noodsaaklik is daar sonder kan ons nie lewe nie, maar Christus voorsien ook dit wat ons nodig het vir ons geestelike lewe. Hy is die Een wat ons van "Lewende water" voorsien.Jesushet by die fontein van Jakob vir die Samaritaanse vrou gevra om vir Hom water te gee, maar sy het nie geweet wie Hy was nie.

(Joh.4:10)Jesus het haar geantwoord: "As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sÔö£┬¼: 'Gee My ‘n bietjie water om te drink,' sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het."

En verder ook in verse 13-14 Maar Jesus antwoord haar: "Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee."

Jesus het ook in (Joh.6:35)gese dat Hy die "Brood van die lewe" is

Maar Jesus sÔö£┬¼ vir hulle: "Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

Ons weet dat ons lewe op aarde tot 'n einde gaan kom. Maar ons het die wonderlike belofte wat se, net die' wat deur Jesus Christus na God toe kom die ewie lewe sal kry.

(1Joh.5:11-13)En die getuienis behels dÔö£┬ít: God het ons die ewige lewe gegee, en diÔö£┬« lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo.

Dan ook(1Joh.2:25)En dÔö£┬ít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe.

Jakobus skryf dat die kroon van die lewe vir almal is wat God lief het

(Jak.1:12)1983 vertalingOngelukkig word daar weer nie in hierdie vertaling verwys na die prys as 'n kroon nieGelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan diÔö£┬« wat Hom liefhet.

NLT Bybel vertalingBlessed is the man who perseveres under trial, because when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has promised to those who love him.

1954 vertaling Salig is die manwat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom lief hetDie vraag is hoe bewys ons, ons liefde aan God? Johannes beantwoord dit vir ons in

(1Joh.5 :3-5)Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, 4 want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wÔö£┬¼reld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wÔö£┬¼reld behaal het, is deur ons geloof. 5 Wie anders is dit wat die wÔö£┬¼reld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? .

As Sy kinders moet ons Sy Gebooie hou, Hom gehoorsaam en altyd getrou bly, sodat wanneer ons die onvermydelike toetse, pyne, hartseer en beproewinge kan deurstaan ÔÇô ons vorentoe sal beweeg so lank as wat ons leef met ons oe gevestig op Jesus

(Heb.12:2)"die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof".

Om sodoende die kroon van die Lewe te ontvang wat op ons wag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

All posts, End times

Tags