8th December 2016

Geloof Om Op Water Te Loop

Jy kan ook op water loop ! Al ooit in diepte gedink aan die gedeelte in die Bybel waar Jesus vir Petrus gese het om op die water te loop?

Dit was nou verregaande – reg?

Hoe kon Jesus dit van Petrus verwag het?

Verstaan Hy fisika?

Nee dit gaan nie oor "of dit welmoontlik" is nie maar oor gehoorsaamheid .

As Jesus se "Volg My " dan bedoel Hy dat ons Hom moet volg ongeag of menslik onmooylik blyk te wees of nie.

As die donker wolk van angs oor jou rol en jy vra vir dir miloenste maal

"Here is dit ons toedoen dat ons in hierdie situasie beland het" ?

Het ons teen U gesondig?

Het ons U nie reg verstaan nie?

Kon ons dit dalk verhoed het?Dan maak jy jou Bybel oop en vir die miloenstemaal kry jy die geduldige versekering dat Hy jou lief het, dat jy Hom moet vertrou en Hom moet bly volg.

Jesus het geen plek gehad om sy kop neer te le nie, maar het geen probleem gehad om op water te loop nie. Meer nog Jesus het in Jerusaslem in gestap wetende wat daar op Hom gewag het – dood aan 'n kruis ├ö├ç├┤ omdat Sy Vader dit van Hom verwag het .

Jesus het in die huise van sondaars ingegeaan, en hulle in heiliges verander .

Maar ek? Ek het 'n plek om my kop neer te le, maar ek is huiwerig om sy roepstem oor die water te hoor deur te vertrou .

Ek is te besig om te loop na dit wat ek wil he, dat ek nie God se stem hoor nie, en menigemale wil ek nie. Anders as Jesus loop ek in die huise van heiliges en versoek hulle om te sondig.

En tog, sien ek dat Hy oor my waak en my verkeerde voet stappe sien. Die lewe voel soos 'n diunende see ÔÇô eers is ek bo op die golf van geloof, en dan sink ek soos Petrus. Maar deur dit alles was God se antwoorde op my gebede so werklik en eg, wat my totaal verward laat.

Lukas 12:32-34 se:

"So don't be afraid, little flock. For it gives your Father great happiness to give you the Kingdom. "Sell your possessions and give to those in need. This will store up treasure for you in heaven! And the purses of heaven never get old or develop holes. Your treasure will be safe; no thief can steal it and no moth can destroy it.Wherever your treasure is, there the desires of your heart will also be."

Ons as Christene besef nie aldag, dat ons wel sonder 'n pensioen plan,en die stresfolle werk, die groot luukse huis sal kan klaarkom nie .Ons bluf onsself as ons dink dat dit alles tekens is van God se guns. God is 'n baie beter voorsiener as dit. Hy gee! Hy gee tevredenheid, voldaanheid, doelgerigtheid, vrede. Werklike goeie dinge. Die werklikheid is, dat ons wel op water kan loop as Hy se ons kan . Hy sal nie se "volg My" as Hy nie voorsiening gaan maak nie. Al wat ons eintlik nodig het is dak, klere en voedsel ÔÇô alles wat God beloof het as ons Sy Koninkryk sal soek.

Jy kan die dus die ongelooflike doen deur Hom te volg

Jy kan al jou goed gaan verkoop en aan die armes gee, terloops dit is wat Jesus gese het jy moet doen, want waar jou skat is daar sal jou her took wees.

Die vraag is nou , Wat hou hou jou terug?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

All posts, Believe

Tags

,