Hoe Om Te Bid
Hoe om te bid 12 Junie 2012
Jesus was erens op 'n plek besig om te bid . Toe Hy klaar was se een van Sy dissipels vir Hom "Here leer ons bid soos Johannes ook sy volgelinge geleer het"
Luk.11:1
Toe die dissipels hierdie versoek aan Jesus gerig het moes hulle op daardie stadium die noodsaaklikheid van gebed besef het ÔÇô hulle wat saam met Hom gebly het , het seker besef dat mens moet leer om te bid, en wie kon dit beter as Jesus gedoen het?.
Ons as Christene moet ook besef dat almal moet leer om te bid, ons doen dit tot 'n mate maar besef dit nie die erns daarvan soos die dissipels nie.
Dit is verbasend hoeveel Christene dit van selfsprekend aanvaar, dat mens nie hoef te leer oor gebed of hoe om reg te bid nie. Dit is waarom so baie gelowiges se gebedlewe kinderagtig is en bly, dit is nie dieselfde as kinderlik nie.
Ons moes leer om te loop, fiets te ry, 'n vreemde taal leer, klavier speel of net ander vaardighede moes aanleer.
Waarom sal dit dan van self spekend wees, dat die Goddelikekuns van gebed nie geleer hoef te word nie.
As Hy ons Meester self die pad van gebed geloop het,en die voorbeeld daar vir ons gestel het, en van Sy gebede en voorbidding met smeking en trane gedoen was. moet ons begeerte wees om ook te kan bid soos Hy.Heb.5:7
Hy het nie net die voorbeeld van gereelde gebed nagelaat nie, maar het ook aan ons besliste riglyne gegee van hoe om te bid. Daarom het Hy vir ons die Heilige Gees as helper gestuur om ons by te staan en te leer in hierdie verband.
Rom.8:26 Die Heilige Gees wat binne ons is, staan ons by in ons swakhede en gebede. Alle gebede is gebede wat in die gees gedoen word, want die Gees pleit by God volgens Sy wil namens die gelowiges Rom. 8:27 en doen dit dan no gook sonder woorde, so, tydens elke gebedsgeleentheid word dit oorgedra aan God deur die Heilige Gees Ef.6:18
Maar ons moet onthou dat die Heilige Gees nie maar net 'n persoonlike besitting is wat elke Christen het nie, nee die Heilige Gees is inwonend in gemeenskap met Christus en menige male sal Christus se gebedsonderrig voortspruit uit ons gemeenskap met Hom.
Ons moet onthou dat voor ons, baie groot gelowiges dit gedoen het en hulle het 'n nalatingskap van wysheid en ondervinding agter gelaat het en ons moet dit wat hulle ondervind en geleer he took deur die Gees beoefen, sodat ons ÔÇô soos hulle Christus se hulp aanvra om ons ook te leer bid.
1. Tyd en plek
Tydens Ou Testamentiese aanbidding, was die daaglikse offerande vroeg in die oggend en dan weer in die aand gedoen.
1Pet.2:5 Elke Christenbidder is 'n Priester, wat 'n offer van aanbidding aan God bring met die hart as altar, as 'n aanhoudende offer in die oggend en so ook in die aand.
Elke dag moet daar tyd ingeruim word vir gebed, soggens en saans, dit moet prakties en beslis geskiet, as dit nie getrou en met dissipline gedoen word nie, gaan dit deur ons besige en gejaagde lewenstyl eenkant toe geskuif word.
Gebed word gewoonlik verwaarloos, nie weens 'n bebrek aan geloof nie, maar weens 'n gebrek aan tyd ÔÇô 'n vasgestelde, bepaalde tyd opsy gesit vir gebed.
Dit sal beteken dat daar daagliks voorsiening gemaak moet word vir gebed in ons besige rutiene, daar moet tyd wees in die oggend en ook voor ons gaan slap.
'n Bepaalde tyd en die nodige selfdissipline sal elke oggend gehandhaaf moet word. Jy sal vroer moet opstaan, stel jou wekker vir 'n bepaalde tyd, elke oggend, anders gaan 'n gedissiplineerde gebedslewe nie moontlik wees nie.
Was en trek aan en doen dit vooe ontbyt. Indien dit nie prakties moontlik gaan wees nie, moet jy op 'n tyd besluit wat by jou lewenstyl pas.
Gebedstyd in die aand is gewoonlik nie so krities nie, maar dit is darem jammer dat ons tyd vir God maar met die stertkant van die dag tevrede moet wees, en dan ismens nog moeg en afgemat ook.
Hoe lank moet "gebedstyd" wees? Dit is 'n moeilike vraag om te beantwoord, behoeftes is anders en sal verskil van persoon tot persoon.
'n Half uur is beslis nie te lank nie, en enige iets minder as tien min. is beslis te kort. Jy moet vir eers nie jou idiale te hoog stel nie, probeer 15 tot 20 min.en verleng dit geleidelik na 'n half uur toe.
Jou gebed moet nie aangejaag word nie, vertoef eerder langer en talm in God se teenwoordigheid eerder as om te jag.
Sodra die oggend en aand tye bepaal is, moet hierdie tye nie beskou word as 'n daaglikse taak nie maar jou persoonlike en getroue afspraak met Christus.
Die "plek" waar hierdie afspraak gaan plaasvind, sal afhang van jou huis en jou daaglikse rutiene en bedrywighede , wat weereens sal verskil van persoon tot persoon.
Dit moet verkieslik 'n stil kamer wees (nie jou slaapkamer nie) maar as dit nie anders kan nie, moet die kamer maar gebruik word.
Indien moontlik maak vir jou 'n gebedshoek met 'n kleinerige tafel vir jou Bybel en ander geestelike boeke, die tafel kan ook gebruik word om teen te kniel.
Gedurende die somermaande kan 'n plekkie in die tuin jou spesiale ontmoetingsplek word, soos wat Jesus dit baie gedoen het. Die hoofdoel van hierdie spesiale ontmoetingsplek moet wees waar jy stil, alleenen privaat kan wees waar jy nie gesteur sal word nie. Mat. 6:6
2. Hulpmiddels
Baie van ons vind dit moeilik om te weet wat om te se wanneer ons bid, wat kan lei tot ,'n herhaling van woorde en gedagtes, en die skrif waarsku ons daarteen ÔÇô "soos die heidene"
Dit is maklik om die gewoonte aan te leer om, bekende bybelse uiydrukkings te gebruik, wat eintlik waardeloos is.
Die oplossing daarvoor is om 'n werklik 'n intieme verhouding met God te he deur Jesus Christus, wat sal beteken dat jy nie anders sal kan as om opreg op te tree wanneer jy met Hom praat nie.
Alledaagse gebeurtenisse en fasette van jou lewe moet deel uitmaak van jou gebed, wat op die beurt verskeidenheid aan jou gesprek met Hom gaan gee.en jou gebed ook meer realisties, vars en persoonlik kan maak.
Die gebruik van iemand anders se gebed, moet nie jou eie persoonlike gebed vervang nie . Dit kan wel gebruik word as byvoeging wat jou moontlik han help om jou gebed beter uit te druk.
Daar is nie 'n plaasvervangergebed wat jou eie gebed meer intiemen persoonlik kan maak as jy self nie. Dit beteken nie dat ons nooit iemand anders se gebed mag gebruik nie. Christene het dit nog altyd gedoen die Ons Vader is 'n goeie voorbeeld daarvan.
Twee uiterstes moet vermy word
1. Om uitsluitlik op iemand anders se skriftelikegebed staat te maak.
Hier bestaan die gevaar dat jou gebed meganies of formalisties gaan word, wat die vryheid en spontaneiteit van die Gees gaan blus of uitdoof.
2. Om altyd onvoorbereid of "uit die vuis" te bid.
Met 'n onvoorbereidegebed bestaan die gevaar dat jou gebede beperk en eentonig mag word, wat afhanklik gaan wees van jou gemoedstoestand.
Die idiaal is om gebedsvorme as raamwerk vir jou eie gebedslewe te gebruik
Daar is heelwat maar kom ons kyk na vier moontlike beskikbare hulpmiddels wat kan gebruik word om jou grbed te verbeter.
1. Die Bybel
Jou gebed moet op die Bybel gebasseer en skrifverwant wees, omdat wanneer ons met God praat dit moet saamstem met dit wat in Sy Woord staan, so word gebed dialoog pleks van monoloog. Ons het reeds gesien dat Bybelstudie en Bybellees noodsaaklik is vir jou gebedslewe.
As die Bybel nie gebruik word tydens gebed nie, bestaan die gevaar dat jou gebed dun, onrealisties en ook dalk onchristelik kan word.
2. Die gebruik van Psalms
Psalms was nog altyd in die temple, sinagoge en kerkoor die eeue heen gebruik, so ook moet elke Christen leer om dit in sy of haar daaglikse gebedstyd te gebruik.
Die Psalm moet nie net gelees word nie, maar dit moet biddend en op jou kniee voor die Here wees. Die Psalm moet hoorbaar herhaal word as lofprysing aan God.
Aangesien nie alle Psalms God se lof besing nie, kan jy 'n versameling van Psalms gereeld gebruik as lofprysingsgebede.
3. Die Liedboek
Daar in sal jy ook 'n mooi versameling van lofprysing en dankgebede vind wat gebruik kan word.
Dit is baie goed om so 'n lied byvoorbeeld tot God se eer te sing, maar as jy selfbewus is om jou eie stem te hoor, kan die lied biddend aan God opgedra word as 'n gebed tot Sy lof en eer.
Elke Christen behoord 'n liedboek vir hiedie doel aan te wend om die tyd saam met die Here te verreik.
4. Boeke oor gebed
Daaris talle boeke oor gebed beskikbaar wat ook as hulpmiddel gebruik kan word.
3. Die inhoud van gebed
Wanneer 'n ligstraal deur 'n driehoekigeprisma word die ligstraal opgebreek in die 5 kleure van die spectrum van rooi tot pers.
Die wit hemelse lig van gebed ka nook in die gedagtes opgedeel word in agt dele wat in jou gebed gebruik kan word
1. Lofprysing
Dit is 'n uiting van ons liefde vir Goden is die hoogste vorm van aanbidding.
Dit is om God as wese en Sy Goddelike eienskappe te erken, Sy lof te besing om Hom te verheerlik en te eer, tot ons eie genot en om Sy allerhoogste verdienstelikheid te erken. Hievoor kan die Psalms gebruik word.
2. Danksegging
Ons erken in dankbaarheid ons afhanklikheid en Sy voorsiening wat as gawe van Hom afkom, ja "elke goeie en perfekte gawe" wat van Hom af kom dit is danksegging aan Hom.
3. Versoening of vergifnis
Ons nader God altyd as sondaars wat vergifnis nodig het, deur die verlossingswerk van Jesus Christus.
Ware vergifnis behels ;
Selfondersoek Dit is wanneer jy jou hart opmaak voor God
Belydenis van sondeWaar ons in woorde ons sonde voor God bely en ons sonde by die naam noem, nie 'n vae algemene belydenis of erkentenis nie, maar dit wel in detail voor God, en werklik om vergifnis te vra, wat ons dan in eerbied en vertroue ontvang deur Jesus se soendood aan die kruis vir ons sonde.
4. Voorbidding
Hier tree ons deur gebed in gemeenskap saam met ons verhewe Hoer Priester wat op die troon sit vir ander in by die Vade.
'n Lys van mense wat gebed nodig het moet byderhand wees, met datums gemerk toe die laaste gebed vir die persoon gebid was.
5. Persoonlike versoeke
Hier rig ons,ons eie versoeke tot God ons Vader, wat graag wil wee twat ons Sy kinders nodig het, sodat Hy met Sy alwetenheid sal voorsien, dit wat Hy wee tons nodig het. Hierdie versoek moet volgens God se wil en doel vir ons lewens wees, dankan ons met vertroue vra en glo dat God sal voorsien.
6. Toewyding
Dit is hier waar ons, onsself offer tot beskikking aan God(Rom12:1) wat die hoogtepunt van ons gebed moet wees.
Elke oggend moet dit die deel van jou gebed wees waar jy in totale oorgawe jouself beskikbaar stel om as 'n lewende offer Sy Koninkryk te soek, en Hom in jou lewe te verheerlik vir die dag wat voorle.
Tot nou toe het ons met God gepraat, maar gebed is nie net 'n eenrigting gesprek nie ÔÇô as ons God toelaat, praat Hy ook met ons. Daar is nog twee aspekte van gebed wat ons kan byvoeg.
7.Mediteer oor die woord
Dit is wanneer God deur die Heilige Gees saggies in ons harte en gedagtes influister, ons sal dit in meer detail later bespreek.
8.Leiding
Ons gebruik hierdie woord om in Sy teenwoordigheid, in stilte die rigting wat Hy vir ons vir hierdie dag aandui. of dalk 'n problem of situasie in oenskou te neem. Op hierdie manier is ons gebede gerig op ons alledaagse lewe, en die gewilligheid om gehoorsame aksie te neem moet altyd deel van ons gebed uitmaak.
Hierdie agt punte behoort elke dag deel uit te maak van jou gebed en kanin enige volgorde gerangskik word. Dit hoef ook nie altyd al agt punte in te sluit nie.
Soos byvoorbeeld Sondagaand se gebed mag dal gaan oor versoening , waar jy 'n geheel selfondersoek doen en daarna vergifnis vra