9th December 2016 — John
As Ek Eerlik Is
As ek eerlik is, moet ek erken dat ek 'n bondel teenstrydighede is.
Ek glo en ek twyfel.
Ek hoop en ek raak moedeloos.
Ek het lief en ek raak kwaad.
Ek voel sleg omdat ek goed voel en skuldig omdat ek nie skuldig voel nie.
Ek vertrou en is agterdogtig.
Ek hou van eerlikheid en ek is geneig om voor te gee. …
Om uit genade te leef beteken dat ek erkenning gee aan my hele lewensverhaal, aan die donker en die ligte kant daarvan.
Dit is juis wanneer ek eerlik is oor my skadukant dat ek agterkom wie ek eintlik is en wat God se genade beteken.
Soos Thomas Merton gesÔö£┬¼ het : "'n Heilige is nie 'n goeie mens nie, maar iemand wat God se goedheid ervaar het"