9th December 2016

Gebed

Here, help my om vandag al my selfsugtigheid en eie wil weg te was, sodat ek U die res van my lewe met nederigheid kan dien. Here, stryk vandag al die plooie, wat deur die jare versamel het,

uit my gees sodat ek net die mooi in ader sal sien. O God, help my dat ek sal regmaak waar ek ander te na gekom het. Here Jesus, help my om met die stoflap van u genade die klein sondetjies wat in my hart skuil, weg te vee en skoon te maak. O God, gee my asseblief die wysheid om die dingete koop wat nodig is en nie wat ek begeer nie, omdat ek weet Here, geen aardse skatte weeg op teen dit wat in die Hemel wag nie. Help my, my Vader om die vrugte van die gees:

Liefde, Vriendelikheid, Hulpsaamheid, Sagmoedigheid,

Getrouheid en Selfbeheersing aan my naaste voor te sit. O God, ek het my huis vir u voorberei. Kom woon asseblief in my hart sodat ek die res van my lewe in u teenwoordigheid kan deurbring.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

All posts, Clips

Tags