Inhoud
[versteek]
1 Geskiedenis
1.1 Groepe wat weggebreek het vanuit die Ou Apostoliese Kerk
2 Organisasie en Administrasie
3 Kerklike Aktiwiteite
3.1 Sang en Musiek
3.2 Tonele
3.3 Getuienis Aksies
4 Ekumeniese betrekkinge en Eksklusiwiteit
5 Politiek
6 Die Bybel
7 Sakramente
7.1 Die Heilige Doop
7.2 Die Heilige Avondmaal
7.3 Die Heilige VerseÔö£┬¢ling
8 Eksterne skakels
9 Verwysings
10 Bronne
|
Geskiedenis [wysig]
Die Nuwe Apostoliese Kerk was in die 1889 deur Carl George Klibbe in Suid Afrika gevestig. Aanvanklik sukkel hy eers om ‘n gemeente te vestig in Belville en Worchester, maar is meer suksesvol in Southernwood, Oos London waar die eerste gemeente gestig word.
In 1892 word Klibbe deur H.F. Niemeyer in Australie verordeneer as die eerste Apostel vir Afrika en die eerste verseÔö£┬¢lingsdiens vind plaas op 10 April 1904 in Woodstock.
Klibbe vervreem homself vanaf 1908 meer van die Kerk in Duitsland en in 1913 word hy onthef van sy amp deur die Hoof Apostel Hermann Niehaus. Wilhelm Schlaphoff word in sy plek as Apostel aangestel. ‘n Skeuring ontstaan in die Suid-Afrikaanse tak van die kerk met die Duitse tak. Hierdie breuk lei tot verwarring en gevolglik is daar twee groepe in Suid-Afrika wat bekend staan as die Nuwe Apostoliese Kerk. Die een groep is onafhanklik van die Duitse kerk onder leiding van Klibbe en die ander groep wat nog steeds deel is van die Duitse kerk is onder leiding van Apostel Schlaphoff.
In 1915 verklaar die Suid-Afrikaanse tak onafhankliheid van die Duitse kerk.
In 1926 in ‘n ooreenkoms met die volgelinge van Schlaphoff besluit Klibbe om die naam “Ou Apostoliese Kerk” aan te neem.[3][4]
Klibbe sterf in Mei 1931 en word opgevolg deur Apostels E.F.W. Ninow, C.F.W. Ninow en W. Campbell wat hy voor sy dood aangewys het as sy opvolgers.
In Julie 2006 verlaat drie Apostels van die Duitse kerk, Apostelamt Jesu Christi hulle kerk tesame met hulle volgelinge en stig die Duitse tak van die Ou Apostoliese Kerk.[5]
Die OAK het ongeveer 1,5 miljoen lidmate in Suid Afrika alleen. Die OAK is ook gevestig in NamibiÔö£┬¢, Botswana, Zimbabwe, ZambiÔö£┬¢, Malawi, Mosambiek, AustraliÔö£┬¢, Nieu-Seeland, VSA, Kanada, Verenigde Koninkryk, Nederland, BelgiÔö£┬¢ en Duitsland.[6]
Groepe wat weggebreek het vanuit die Ou Apostoliese Kerk [wysig]
In 1925 breek ‘n Apostel Klibbe se skoonseun Hendrik Velde weg met ‘n groep volgelinge. Sy kerk is later opgeneem in die Apostoliese Eenheid. [7]
In 1972 het die Hervormde Ou Apostoliese Kerk onder leiding van Apostel Robert Lombard weggebreek, as gevolg van die OAK se ongewilligheid om by politieke debat betrokke te raak. [8]
In 1978 breek die Twelve Apostles Church in Christ weg.[9], onder leiding van Apostel Ndlovu weg nadat hy van sy amp onthef is deur die Apostelaat van die OAK.
Organisasie en Administrasie [wysig]
Die hoogste gesag van die Ou Apostoliese Kerk is 'n beheerliggaam bekend as die Apostolaat, ook genoem die Konferensie van Apostels. Hierdie liggaam bestaan uit alle aktiewe en uitgetrede Apostels. Alle aangeleenthede rakende die Kerk, geestelik en temporaal, word deur hierdie liggaam beheer.
Die Kerk is opgedeel in verskeie Distrikte vir Administratiewe doeleindes. Elke distrik bestaan uit een Distrikshoofkantoor wat gelei word deur van een tot soveel as vyf en meer Apostels. Die Distrikshoofkantoor is verantwoordelik vir die instandhouding en oprigting van sale en ander eiendom in die distrik. Die gesamentlike beheer van die Distrik is die gesamentlike verantwoordelikheid van die Apostels in die Distrik. Elke Distrik word adminestratief bestuur deur 'n Distriksekretaris wat moet verslag lewer aan die Distriks-Apostolaat.
Elke Apostel is verantwoordelik vir 'n gebied wat bekend staan as 'n Apostelskap. 'n Apostelskap bestaan uit vanaf 12 tot 15 en selfs meer Opsienerskappe uit. Die Apostel is verantwoordelik vir die geestelike welstand van die Apostelskap. Die Apostel is die enigste amp wat die sakrament van Heilige VerseÔö£┬¢ling kan bedien.
Die Apostel word bygestaan in sy taak deur die Viervoudige Bediening bekend as die Profete, Evangeliste en Opsieners (Herders en Leeraars). 'n Opsiener word aangestel vir elke Opsienerskap en hy word bygestaan deur 'n Profeet en Evangelis wat aldrie gesamentlik verantwoordelik is vir die Opsienerskap se geestelike welstand. Gewoonlik word 'n Profeet en Evangelis aangestel vir elke twee Opsienerskappe. Die Viervoudige Ampte (Profeet, Evangelis en Opsiener) is gelyk in status en word vergelyk met die Rooms-Katolieke en Anglikaanse amp van Biskop.
Elke Opsienerskap bestaan uit drie tot ses Oudsteskappe uit. Aan die hoof van die Oudsteskap is die Oudste (Ouderling), wat ook genoem word die “Geneesheer in Israel” omdat hierdie amp handelinge (gebed tot genesing) kan doen. 'n Oudste kan verantwoordelik wees vir ses tot twaalf Priesters. 'n Oudsteskap kan tot selfs uit twee gemeentes uit bestaan.
‘n Priester is verantwoordelik vir ‘n aantal gesinne se geestelike welstand en tree op as die herder in die gemeente. Sy verantwoordelikheid is 'n kombinasie van die amp van dominee en ouderlig in die Gereformeerde Kerke. Die Priester het ook die bevoegdheid om die sakramente van Heilige Avondmaal (Nagmaal) en Heilige Doop te bedien.
Elke Priester word bygestaan deur ‘n Onderdiaken, wat glad nie 'n gesalfde amp is nie, maar net 'n onderamp. Die verantwoordelikheid van die Onderdiaken is om die gemeente te onderrig in die Bybel en om Bybelstudies te lei.
Daar is ook ander hulpkragte in die Ou Apostoliese Kerk soos Koorleier, Sondagskool-Onderwyser, Sekretaris, Toneelmeester en Deurwag.
Vroue word glad nie verordineer in die amp nie, maar word wel toegelaat om te dien as hulpkragte.
Geen ampsdraers in die Kerk ontvang enige besoldiging nie, insluitend Apostels.
Kerklike Aktiwiteite [wysig]
Sang en Musiek [wysig]
Die algemene sangbundel van die Ou Apostoliese Kerk was die “Evangelie Liedere” gewees. totdat dit later deur die kerk se eie “Sing Emmaneul” in die vroee 1990’s vervang is.
Die “Evangelie Liedere” word nog deur die kore gebruik, tesame met die “Alexander Hymns, “Sacred Songs and Solos” en “Sing Emmanuel”.
Die kerk hou gereeld verskeie sangfeeste waarin lede aangemoedig word om deel te neem.
Die OAK se musiek styl is baie tradisioneel, soortgelyk aan die “Psalms en Gesange”, waarvan sommige tesame met ander tradisionele en gewyde liedere in hulle sangbundel opgeneem is. ‘n Spesiale uitgawe van die “Evangelie Liedere” was vir die OAK gedruk in Rooi met die OAK se naam in Goud op die buiteblad. Drie uitgawes van die “Sing Emanuel” is beskikbaar. Die rooi uitgawe word aan lede verkoop teen kosprys. ‘n Swart uitgawe word in gemeentes gehou vir besoekers. ‘n Koorbundel met ‘n rooi omslag met die bladmusiek is ook beskikbaar. Die “Sing Emmanuel” is soos die “Evangelie Liedere” tweetalig (Afrikaans en Engels).
Kore en die gemeente word deur ‘n orrel begely, en in die meeste gevalle sing die kore sonder instrument begelyding.
Musiek wat kenmerkend is aan die Pinkster en Charismatiese Bewegings word in die OAK beskou as onaanvaarbaar en uitspattig.
Tydens sangfeeste word individuele sangitems en veral van kinders aangemoedig.
Elke diensgeleentheid word geÔö£┬¢indig deur ‘n afsluitingslied, die “Glori Patri”, wat as volg lui:
Amen, amen, amen.
Ere aan die Vader,
en aan die Seun,
en aan die Heil’ge Gees
Soos dit was in die begin,
nou is en altyd sal wees
wÔö£┬¼reld, sonder end.
Amen
Spesiale geleenthede, soos Sangfeeste en Tonele word voor gebed gewoonlik beÔö£┬¢indig deur die lied, “One is our Master”, wat in die OAK omgangstaal bekendstaan as die “Apostoliese Volkslied”.
Tonele vind een maal ‘n maand plaas, op die vierde Sondag. Dit vervang gewoonlik die aanddiens. Dit is ‘n morele spel waarin een of ander les geleer word, wat vir die OAK lid positiewe gevolge moet hÔö£┬¼.
Getuienis Aksies [wysig]
Getuienis aksies vind twee maal per week plaas, maar kan ook ongeorganiseerd plaasvind. Dit is wanneer OAK lede aktief die evangelie verkondig en lede werf.
Ekumeniese betrekkinge en Eksklusiwiteit [wysig]
Die OAK beskou homself as die enigste weg tot saligheid.
Die OAK het geen ekumeniese bande met ander kerkgenootskappe of organisasies nie, en verlang ook nie om sulke bande aan te knoop nie.
Die OAK het sedert die negentiger jare ekumeniese bande gehad met ‘n Duitse kerk, Apostelamt Jesu Christi. Hierdie bande is in Julie 2006 verbreek toe van die AJC se lede onder leiding van drie AJC Apostels by die OAK aangesluit het. [10]
Politiek [wysig]
Die OAK weier om by politieke debat betrokke te raak, en steun ook glad geen politieke partye of stelsels nie. Volgens die geloofsbelydenis van die OAK moet alle lidmate van die kerk die regering onderdanig wees, al gaan dit met benoudheid gepaard. Daar word van OAK lidmate verwag om alle landswette te gehoorsaam. [11]
Die Bybel [wysig]
Die OAK erken en gebruik die Authorized King James Version en die Afrikaanse Ou Vertaling (Hersiene Uitgawe).
Daar word glad nie geglo in die letterlike interpretasie van die Bybel nie. Die Bybel word geestelik of allegories vertolk. Dit is die geloof van die OAK dat die verhale in die Bybel nie werklike historiese gebeure is nie, maar lewenslesse wat geinterpreteer moet word op dieselfde wyse soos wat gelykenisse geÔö£┬╗nterpreteer moet word.
Die Bybel word ook gebruik as enigste gesag om lering te baseer. Die Bybel kan ook nie uit sy eie uit saligheid verskaf nie, maar kan die weg tot saligheid aandui. [12]
Saligheid is uit die gesproke woord, wat volgens die OAK se geloof Jesus Chrsitus is en nie die Bybel nie. Die Bybel kan ook nie die Kerk stig nie, slegs Jesus Christus kan, en die Skrifte getuig van Jesus Christus. [13]
Sakramente [wysig]
Die OAK erken drie sakramente: Die Doop, Avondmaal (Nagmaal) en VerseÔö£┬¢ling. Elke sakrament bestaan ook uit twee komponente. Dit is die Heilige komponent wat 'n handeling is wat in die gemeente voltrek word deur 'n ampsdraer van die kerk, en 'n Ware komponent wat die meer mistieke element is. Die Heilige komponent is die bevestiging dat die Ware komponent plaasvind, terwyl die Ware komponent 'n aksie is wat deur God gedoen is met die werking van die Heilige Gees.
Die Heilige Doop [wysig]
Die Heilige Doop met water tot bekering. Die doop word aan alle nuwe bekeerlinge bedien, volwassenes en kinders [14]. Dit geskied deur besprinkeling. Kinders kan glad nie uitgesluit word uit die doopbelofte nie omdat dit 'n afwassing van die natuurlike liggaam is nie, maar 'n proses waardeur die siel opgebou en gevoed word. Wanneer die doopbelofte aan 'n kind bedien word, onderneem die ouers as voogde van die siel om die kind deurlopend in die doopproses te onderwerp. Deur die deurlopende onderwerping in die doopproses groei die kind tot geestelike volwassenheid. [15] In die OAK is die doopproses 'n aanhoudende proses wat begin met die Heilige Doop wat 'n simboliese handeling is. Dit word opgevolg met die Ware Doop wat 'n aanhoudende proses is, wat plaasvind deur die lerende woord en onderrig van die ouers of kerklike onderrig.
Die Heilige Doop word beskou as "die proses waardeur God Sy kinders uit die nasies gaan haal en hulle uit al die lande bymekaar in hul land bring. Daar giet hy skoon water op hulle sodat hulle rein kan word van al die onreinhede en al die drekgode (verwys Eseg 36 v 24-25). Hierdie proses is nodig sodat God ons 'n nuwe hart kan gee en 'n nuwe gees in ons binneste; en die hart van klip uit ons vlees kan wegneem en ons 'n hart van vlees kan gee. (verwys Eseg 36 v 26)" [16]
Die Heilige Doop is ook 'n reinigingsproses van die waterbad van die woord waardeur bekering tot vergifnis plaasvind.
Die Heilige Doop mag deur enige gesalfde amp bedien word.
Die Heilige Avondmaal [wysig]
Die Heilige Avondmaal (Nagmaal) is 'n instelling waarin die instelling van hierdie sakrament deur Jesus Christus herdenk word. Die elemente betrokke by hierdie sakrament het ook simboliese betekenis wat ook oorgedra kan word na die Ware Avondmaal toe.
"Daar is twee bestanddele in die avondmaal, die liggaam en die bloed. Die liggaam wat vir ons gebreek is, is nie aards nie, maar hemels (verwys 1 Kor 12 v 27 en Efese 5 v 30) en openbaar deur die kragte wat God as gawes aan die mense gegeee het (verwys 1 Kor 12 v 28 en Efese 4 v 4 en Efese 4 v 11- 13) in die Kerk van Jesus Christus. Die Nuwe Testament is die bloed van Jesus Christus en ons as bedienaars van die testament is die bekers. (Verwys 1 Kor 11 v 25 en Mat 26 v 28). Dit is die bloed waarmee ons vir God gekoop is uit elke stam en taal en volk en nasie. (Open 5 v 9)." [17]
In die OAK dra die lidmaat wat die opoffering doen om iemand te bekeer, dieselfde littekens as Paulus en kan hy ook soos Paulus getuig "Ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam". [18]. Deur hierdie opoffering stort hy bloed en het daarom ook deur aan die Ware Avondmaal.
Die Heilige Avondmaal mag deur enige gesalfde amp bedien word.
Die Heilige VerseÔö£┬¢ling [wysig]
Die Heilige VerseÔö£┬¢ling is die enigste sakrament wat net deur 'n Apostel bedien mag word. Hierdie sakrament word bedien aan alle nuwe lidmate; volwassenes en kinders. Hierdie sakrament word bedien deur die persoon met olie te salf en dan die hande op te lÔö£┬¼. Daar word ook verwys na hierdie sakrament as die "Doop met die Heilige Gees en met vuur".
Volgens die OAK is dit die "waardeur ons almal deur een Gees gedoop word tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymannne: almal van een Gees deurdronge. (Verwys 1 Kor. 12 v 13)" [19]
In die Heilige VerseÔö£┬¢ling word die ongeregtighede weggesluit en verseÔö£┬¢l in 'n bondeltjie. Deur middel van hierdie handeling word die lidmaat deur van die Liggaam van Christus, en ontvang hy ook die mag om vry uitdelers te wees van die spys van die ewige lewe. Die lidmaat ontvang die salwingsgees van opklaring. [20]
Eksterne skakels [wysig]

Die volledige teks van Ou Apostoliese Kerk kan by die Afrikaanse Wikisource besigtig word, by Category:Ou Apostoliese Kerk.
The Old Apostolic Church (en)
The Old Apostolic Church (Europese spieÔö£┬¢lblad) (en)
Nie-amptelike Web-blad van die Ou Apostoliese Kerk (en)
Dwelm en Welsyns Program van die OAK (en)
Pro-Ou Apostoliese Kerk Blog (af)
Verwysings
^ [1] Albury Churches
^[2] History of the New Apostolic Church
^[3] History of the New Apostolic Church
^[4] Schwere Krise im Apostelamt Jesu Christi – K.d.Ôö£├é.R.
^[5]Schwere Krise im Apostelamt Jesu Christi – K.d.Ôö£├é.R.
^[6] Old Apostolic Church
^[7] Geskiedenis van die Apostel Eenheid
^OldApostolicChurch of South Africa v Non-WhiteOldApostolicChurch of Africa 1975 (2) SA 684 (C) at 687 D-E. 4.
^http://www.twelveapostlescc.co.za/index.php?menu=about
^http://www.ekd.de/ezw/42714_informationen_schwere_krise_im_apostelamt_jesu_christi_k_d_oe_r.php] Schwere Krise im Apostelamt Jesu Christi – K.d.Ôö£├é.R.
^[8]
^ Nuwe Kategismus: Vraag 39)
^ Nuwe Kategismus: Vraag 40
^ Nuwe Kategismus: Vraag 52
^ Nuwe Kategismus: Vraag 53
^ Nuwe Kategismus: Vraag 51c.
^ (Nuwe Kategismus: Vraag 59
^ Nuwe Kategismus: Vraag 59
^ Nuwe Kategismus: Vraag 54
^ Nuwe Kategismus: Vraag 55
Related