12th December 2016

Assurance Of Salvation Certificate2

GELOOF SEKERHEID

Ek……………………..is absoluut oortuig dat ek vir tyd en ewigheid gered is, en indien ek nou te sterwe kom, ek onmiddelik hemel toe sal gaan, Ek is nou een van God se kinders, dit weet ek en dit glo ek, omdat dit so in die Bybelstaan Joh.1:12

Ek is verlos en vry gespreek van my sonde , Ek het die ewigelewe ,

Joh.3:36diegeestelike lewe wat God gee,

Joh.10:28,29 * Joh.11:25,26 * 1Joh.5:10-13 * Joh.17:2-9 * 1Kor.15:12-58 * Open.21:4

Omdat ek ‘n kind van God is, gaan ek nie op my gevoel staat maak nie,

want ek hoef nie te voel soos Sy kind nie, nou weet ek dit en ek glo dit.

 

1.EK GLOdie getuienis van die Heilige Gees is in myRom.8:14-16wat saam met my gees getuig het, voor ek gered was ,toe Hy my daar oortuig het van my sonde en God se geregtigheid en ook die oordeel wat gaan kom,

Sederdien het Sy stem verander, nou hoor en beleef my siel innerlike vrede, wat bevestig dat ek aan Jesus behoort. Gal.4:6Sagkens fluister Hy nou tot my gees dat ek Sy kind is

 

2. EK GLO en vertroudatdie Bybel, die woord van God is, as die Duiwel gaan probeer om my te laat twyfel, dan sal ek my vinger plaas op 1Joh.5:10-13 waarmee ek hom in die naam van Jesus sal teregwys,deur hierdie woorde te herhaal

 

Ek glo in Jesus Christus met my hele hart

Ek het Hom gevra om in my lewe te kom

Nou het ek die ewige lewe

Ek is gered

My sonde is vergewe

Ek is oppad hemel toe want dit staan so in Sy woord

Joh.5:24 * Acts.13:39 * Luke 7:48 * Rom.10:13

 

3. EK GLO Dat Jesus my lewe verander het, want, mense sien dit raak 1Jon.3:141Joh.3:9Ek is ‘n nuwe mens in JesusChristus 2Cor.5:17 My gevoelens het verander,

Wat ek van hou en wat ek nie van hou nie is ook anders,

Ek het nuwe gewoontes, nuwe voorkeure en afkeureontwikkel

 

****************************

Here ondersoek my hart * Kyk of ek werklik gered is *

Of ek werklik tot bekering gekom het * Verseker my dat Jesus in my leef *

Help my om nooit te twyfel wat in die Bybel staan nie *

O Vader neem alles wat vals is weg * In U waarheid alleen wil ek lewe

 

****************************

Ek sal altyd onhou dat Die HeiligeGees my hart ondersoek

Omdat ek sekerheid het dat ek gered is gaandit my Christenskap versterk

Sekerheid is nie ‘n beginsel of iets wat ek oor kan roem nie,

dit is genade alleen en volle vertroue in die Woord van God

Ek voel nederig en dankbaar as ek besef dat ek uit genade gered is

En dat ek alleenlik deur te glo kan doen wat U wil he ek moet doenHeb.11:6

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.Heb.11:1

 

Datum ………………………… Handtekening ………………………..

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Category

All posts, Teaching and discipleship

Tags