12th December 2016

Christendom

Christendom

Die kruis is die simbool wat die Christendom verteenwoordig.

Lande met Christene

Die Christendom is ‘n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. ‘n Belangrike onderdeel van die verlossing is die idee van versoening wat deur Jesus Christus bewerk is tussen God en mens en dit illustreer een van die kern karaktereienskappe van God, naamlik sy genade. Christene glo dat die toestand van die w├¬reld duidelik wys dat daar ‘n skeiding tussen God en sy skepping bestaan. Die skeiding is veroorsaak deur sonde, oftewel eie belang, onder mense en ‘n verlies aan ‘n oop verhouding met hulle Skepper. Christene glo dat God as Jesus na mense uitreik sodat die skeiding tussen Hom en die mense verwyder kan word.

Die kern geloof van Christene word aangetref in die bekende vers, Johannes 3:16 – “Want so lief het God die w├¬reld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h├¬.”[1] Die belangrikste deel van die Christelike geloof is die van redding, wat ook verlossing of wedergeboorte genoem word.[2] Hierdie redding is redding uit en vergifnis van sonde, en ook verlossing van hel. Die Bybel stel dit duidelik dat alle mense as sondaars gebore word[3], en dat hulle die straf vir hul sonde verdien. Dit is waarom Jesus Christus moes sterf, om die straf van sonde namens ons te neem. Christene glo daarom volgens die Bybel dat verlossing verkry word as God iemand se sonde vergewe en hom aanneem as Sy kind, wanneer die persoon in Christus glo om hom te red en sy sonde erken en bely[4].

Die Christendom is tans die religie met die grootste aantal volgelinge.[5]

Vertakkings[wysig]

Die Christendom het oor die twintig eeue van sy bestaan in baie vertakkings verdeel, onder andere:

  • Katolieke kerke
  • Die Maronitiese Kerk
  • Die Rooms-Katolieke Kerk
  • Ortodokse kerke
  • Die Ethiopies-Ortodokse Kerk
  • Die Grieks-Ortodokse Kerk
  • Die Russies-Ortodokse Kerk
  • Protestantse kerke
  • Adventistiese kerke
  • Jehovah se Getuies
  • Anglikaanse Kerk
  • Apostoliese Kerke (Irvingisme)
  • Apostolic Church in Queensland
  • Hervormde Ou Apostoliese Kerk
  • Katoliek Apostoliese Kerk
  • Nuwe Apostoliese Kerk
  • Ou Apostoliese Kerk
  • Twelve Apostles Church in Christ
  • Baptiste kerke
  • Calvinistiese of Gereformeerde kerke
  • Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika:
  • Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Familie
  • Die Nederduitse Hervormde Kerk
  • Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
  • Die Presbiteriaanse Kerk
  • Charismatiese kerke
  • Shophar
  • Lutheraanse kerke
  • Metodistiese kerke
  • Pinksterkerke
  • Apostoliese Geloofsending
  • Ware Jesuskerk
  • Sien ook[wysig]

  • Bybel
  • Christelike doktrine
  • Teologie
  • Verwysings[wysig]

  • ^ Johannes 3:16 – Afrikaans Ou Vertaling
  • ^ Johannes 3:3
  • ^ Romeine 3:23
  • ^Romeine 10:9, 13
  • ^Adherents.com

    Leave a Reply

    Your email address will not be published. Required fields are marked *

    Category

    All posts, Church History

    Tags

    ,