Johannes Calvyn
Johannes Calvyn: slim man met die seer maag
Kinderjare
Johannes Calvyn, soos hy vandag in Afrikaans genoem word, het Rooms Katoliek grootgeword. Sy pa, G├®rard Cauvin, was die notaris en administrateur van die katedraal te Noyon, in die Picardie-distrik van Frankryk. Sy ma, Jeanne le Franc, was die dogter van ÔÇÿn herberg-eienaar in Cambrai. Hyself is op 10 Julie 1509 gebore as Jean Cauvin, die middelbroer van Charl en Antoine. Hul moeder is betreklik vroeg oorlede.
Jong Jean is ÔÇÿn besonder skrander kind. Sy loopbaan begin hy in die Rooms Katolieke kerk. Op twaalfjarige ouderdom neem die plaaslike biskop hom in diens as klerk. Spoedig ontvang hy die ÔÇÿtonsuur' – die hare bo-op sy kop word afgeskeer as ÔÇÿn simboliese bewys van sy toewyding. Terselfdertyd ontferm die welgestelde en invloedryke Montmors-familie hulle oor hom. Hulle maak dit vir hom moontlik om klas te loop aan die Coll├¿ge de la Marche in Parys, ter voorbereiding vir verdere studie aan ÔÇÿn Universiteit. Hier leer hy, onder andere, retoriek, wiskunde, geometrie, astronomie, musiek en ook Latyn. Een van die grootste Latynmeesters, Mathurin Cordier is sy onderwyser. ÔÇÿn Bietjie later sou hy ook sy naam ver-latyns na Ioannis Calvinus.
Opleiding
Op veertienjarige ouderdom, in 1523 verlaat die jong student die Coll├¿ge de la Marche om aan die meer bekende Coll├¿ge de Montaigu te studeer, hierdie keer om homself in die filosofie te verdiep. Sy pa, G├®rard is egter nie daarvan oortuig dat dit ÔÇÿn goeie keuse is nie: Regte bied ÔÇÿn veel meer lonende loopbaan. ÔÇÿn Paar jaar later, in 1525 of 1526, word Ioannis deur sy pa dus ingeskryf aan die Universiteit van Orl├®ans om homself in die Regswese te bekwaam. Die onderrig wat hy hier ontvang, is deurdrenk van die Humanisme en die denke van die Franse Renaissance. Sy Regsopleiding behels deeglike eksegese van tekste, maar eksegese soos voorgeskryf deur die metodiek van die Humaniste, – dit wil s├¬, toegang tot die teks word op direkte wyse verkry deur historiese en grammatikale analise van die brontaal, en nie indirek via verskeie interpretasies van kommentatore nie. Later sou hy hierdie eksegetiese metodes van die Regswese ook op die Skrif toepas.
In 1929 hoor hy dat die Humanistiese regsgeleerde Andreas Alciati aan die Universiteit van Bourges doseer, en hy verlaat Orl├®ans om onder di├® groot geleerde te gaan studeer. Hy voltooi sy studies in die Regte en in 1532 publiseer hy sy eerste boek: ÔÇÿn kommentaar oor De Clementia van die filosoof Seneca. Waarskynlik is dit gedurende hierdie tydperk wat hy met Grieks in aanraking kom, meer aanklank begin vind by die denke en godsdiens van die Reformasie en uiteindelik ÔÇÿn keuse teen die Rooms Katolieke geloof maak. Anders as byvoorbeeld Luther, was hy nooit werklik ÔÇÿn toegewyde Rooms Katoliek nie, in sy lewe kan daar dus nie sprake van ÔÇÿn radikale bekering of ommekeer van geloof wees nie.
Vriendskap
Calvyn vorm hegte vriendskapsbande met ander Reformatore. Een daarvan is Nicolas Cop wat in 1533 tot Rektor van die Coll├¿ge Royal (later Coll├¿ge de France) in Parys verkies is. Gedurende hierdie tyd loop die spanning aan die Universiteit hoog. Aan die een kant is daar die humaniste/reformatore en aan die ander kant die konserwatiewe lede van die Fakulteit. Op 1 November 1533 lewer Cop sy intreerede waar hy die behoefte aan hervorming en vernuwing in die kerk beklemtoon. Hierdie lesing laat ÔÇÿn hewige storm ontketen en beide Cop en Calvyn moet uit Parys vlug. Cop vind skuiling by ÔÇÿn vriend in Anguol├¬me en Calvyn vestig homself vir ÔÇÿn tydlank in Basel. Hier word die eerste uitgawe van sy Institusie gepubliseer.
In Frankryk is Calvyn glad nie geliefd nie, en telkens moet sy besoeke aan en vertrek uit sy geboorteland met ÔÇÿn ompad geskied. So bevind hy homself op ÔÇÿn keer in Gen├¿ve en raak bevriend met Willem Farel wat sy hulp met die Kerk vra. Aanvanklik is Calvyn onwillig, maar die hand van God l├¬ swaar op hom. Farel en Calvyn stel saam ÔÇÿn geloofsbelydenis op en dring daarop aan dat alle burgers dit moet onderskryf. Die stadsraad weier egter om dit te aanvaar, en in 1538 ontneem hulle die twee Reformatore die voorreg om die kerklike ban toe te pas. Dis ÔÇÿn klap in die gesig: ekskommunikasie is immers deel van hul amp! Farel en Calvyn se weerwraak is soet: geen inwoner van Gen├¿ve mag by die Nagmaalstafel aansit nie. Die stadsraad het nou geen keuse as om die twee uit die stad te verban nie: Farel vlug Neuch├ótel toe, Calvyn na Strasbourg.
Huwelik
Vir drie jaar lank werk Calvyn vir ÔÇÿn kerk van Franse Hugenote in Strasbourg – as dosent en as pastor. Met die kerksake gaan dit goed, maar finansieel byt hy die spit af. Hy huur ÔÇÿn groot huis wat hy aan studente onderverhuur in die hoop om sy kostes te dek, maar sake loop skeef. Benewens finansi├½le probleme werk sy menseverhoudinge ook nie uit nie. Hy ontwikkel hoofpyne en maagprobleme. Sy besluit om ÔÇÿn huishoudster te huur, is ÔÇÿn ramp: dis ÔÇÿn vrou met ÔÇÿn skerp tong wat sy huurders verskree terwyl hy besig is om aan die tweede uitgawe van sy Institusie te werk. Uiteindelik besluit sy vriend Martin Bucer dit is nou tyd vir ÔÇÿn vrou, en Calvyn stem in dat ÔÇÿn ÔÇÿsoek-komitee' in die lewe geroep word om ÔÇÿn geskikte partner vir hom te vind. Hy stel egter sy voorwaardes: sy moet ÔÇÿkuis, gedienstig, nie te puntenerig nie, ekonomies, en geduldig wees, en na sy gesondheid kan omsien'. Sy gesondheid laat inderdaad veel te wense oor: hy eet slegs een maaltyd per dag, voel dikwels goor as gevolg van slegte spysvertering, ly aan hoofpyne, galstene, aambeie, jig, koors en asma.
Na ÔÇÿn jaar en ÔÇÿn half word ÔÇÿn moontlike kandidaat opgespoor. Die vrou is welgesteld, en haar broer ÔÇÿn ondersteuner van Calvyn. Ongelukkig praat sy nie Frans nie, en stem baie onwillig in om die taal aan te leer. En waar almal gereken het haar geld sal die arme Calvyn ten minste uit sy finansi├½le verknorsing red, is dit juis vir hom ÔÇÿn verleentheid: rykdom en weelde pas glad nie by die sobere soort lewenswyse waarvan hy ÔÇÿn voorbeeld probeer wees nie!
Die volgende kandidaat is ÔÇÿn toegewyde Protestant, Frans, was nog nooit vantevore getroud nie – maar sy is ten minste vyftien jaar ouer as Calvyn. Hy het besluit om die saak nie verder te voer nie.
Die derde vrou het aan al die vereistes voldoen, alhoewel sy in ÔÇÿn ander stad gebly het. Calvyn se vriende het al vir die huwelik begin gereed maak. En toe loop iets verkeerd. Hoe meer hy haar leer ken het, hoe minder het hy van haar gehou. Presies die teenoorgestelde het met haar gebeur: in die proses het sy op hom verlief begin raak. Calvyn wou ÔÇÿn onemosionele verhouding h├¬ – haar intense gevoelens het alles kompliseer!
En toe onthou hy van ÔÇÿn jong weduwee in sy gemeente, Idelette Stordeur, gebore de Bure. Sy en haar man was Anabaptiste wat ook vir hul lewens moes vlug. Uiteindelik het hulle by Calvyn-hulle ingeskakel en hulle tot die geloof van die Reformatore bekeer. ÔÇÿn Rukkie vantevore is haar man aan die pes oorlede – Calvyn het die begrafnis gehou. Hy het onthou met hoeveel sorg en toewyding sy haar man verpleeg het. Boonop was sy 31, so oud soos hyself. Die feit dat sy jong kinders uit haar vorige huwelik gehad het, was skynbaar nie ÔÇÿn probleem nie, want dit was nie te lank nie, of Calvyn tree in die huwelik met Idelette in Augustus, 1540. Ongelukkig oorleef nie een van Calvyn en Idelette se eie kinders nie; Idelette, wat getrou na haar tweede man se gesondheid omgesien het, sterf self na ÔÇÿn lang siekbed in 1549.
Sedebewaker
Calvyn het egter nie die hele tyd in Strasbourg gebly nie – Gen├¿ve sou die stad wees waaraan sy naam tot vandag toe gekoppel word. Kardinaal Sadolet het intussen ÔÇÿn ope brief aan Gen├¿ve geskryf en ÔÇÿn oproep op die inwoners gedoen om weer na die Moederkerk toe terug te keer. Sadolet het daarop gewys dat kerkskeuring ÔÇÿn misdaad is; Calvyn, in sy ballingskap het daarop geantwoord dat die Roomse Kerk korrup is. Hierdeur het hy weer eens die guns van die Protestante in die stad gewen, en nadat ÔÇÿn klompie van sy ondersteuners sitting op die stadsraad verkry het, is hy oorreed om in 1541 terug te keer.
Sy hervormingsmaatre├½ls, veral die moralistiese inslag van sy ÔÇÿKonsistorie', het hom nie by almal gewild gemaak nie. Die ÔÇÿKonsistorie' was ÔÇÿn soort kerklike raad wat uit die pastors en ouderlinge bestaan het, en wat toesig moes hou oor die amptenare en lidmate van die kerk. Oortredinge het verband gehou met leerdwaal en morele wangedrag soos wilde gedans en luidrugtige gesing. As straf is die oortreder verplig om openbare eredienste of kategese-klasse by te woon. Nogtans het Calvyn volgehou dat alles tot die beswil van die individu en die gemeenskap is, en dat hy daardeur die basis vir ÔÇÿn gesonde gesinslewe wou vestig. Inderdaad, dit blyk dat hy ook die belange van vroue op die hart gedra het: mans wat die eg verbreek of gewelddadig teenoor hul vrouens opgetree het, is swaar gestraf, nog swaarder as vroue wat soortgelyke oortredinge begaan.
Ouderdom en dood
Calvyn se migraines, maagprobleme, galstene en jig eis uiteindelik sy tol. Soms moet hy na die kansel toe gedra word om te preek, soms gee hy selfs lesings vanuit sy siekbed. Vir baie jare lank het hy slegs een maaltyd per dag genuttig, maar nou oortuig sy dokter hom om vir middagete tog ÔÇÿn eier te eet en ÔÇÿn glas wyn te drink. Tot aan die einde van sy lewe het hy onophoudelik bly werk.
Johannes Calvyn sterf in Genève op 27 Mei 1564.
Dit is nie heeltemal seker waar hy begrawe is nie.